Narita Internasionale Lughawe 成田国際空港 Narita Kokusai Kūkō | |||
---|---|---|---|
IATA: NRT – ICAO: RJAA | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Narita Internasionale Lughawekorporasie (NAA) | ||
Bedien | Groter Tokiogebied | ||
Ligging | Narita, Chiba, Japan | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 135 vt / 41 m | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
16R/34L | 4 000 | 13 123 | Teer |
16L/34R | 2 500 | 8 202 | Teer |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 15 415 924 | ||
Vrag (metrieke ton) | 2 356 119 | ||
Lugbewegings | 165 264 | ||
Bron: Narita International Airport Corporation[1] |
Die Narita Internasionale Lughawe (Japannees:成田国際空港 of Narita Kokusai Kūkō) (IATA: NRT, ICAO: RJAA), ook bekend as Tokio-Narita, is die primêre internasionale lughawe in diens van die Groter Tokio-area van Japan. Dit is 57,5 km oos van Tokiostasie en 7 km oos-suidoos van Naritastasie geleë[2] in die stad van Narita in Chiba en die aangrensende dorp Shibayama.
Narita hanteer die meerderheid van die internasionale passasiersverkeer na en van Japan, en is ook 'n groot aansluitingspunt vir lugverkeer tussen Asië en Suid-Amerika. Die lughawe het 35 478 146 passasiers gehanteer in 2007.[3] Dit is die tweede besigste lughawe vir passasiers in Japan,[3] die besigste lugvragmiddelpunt in Japan,[4] en die negende-besigste lugvragspilpunt in die wêreld.[4] Dit dien as die vernaamste middelpunt van Japan se vlagdraer Japan Airlines, en ook All Nippon Airways, Nippon Cargo Airlines en die laekoste draers Jetstar Japan en Vanilla Air. Dit dien ook as 'n Asiatiese middelpunt vir Delta Air Lines en United Airlines. Volgens wet in Japan word dit as 'n eersteklaslughawe geklassifiseer.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |