Natasha Joubert | ||
![]() | ||
Gebore | 23 Julie 1997 | |
Plek | Pretoria, Gauteng | |
Nasionaliteit | ![]() | |
Beroep | Model, modeontwerper |
Natasha Joubert (gebore 23 Julie 1997) is 'n Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin wat by Time Square in Pretoria as die wenner van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie in 2023 gekroon is (haar tweede probeerslag).[1] Sy is vroeër as Mej. Heelal Suid-Afrika 2020 aangewys en het Suid-Afrika by die Mej. Heelal 2020-kompetisie verteenwoordig, maar was onsuksesvol daarmee.
Joubert is op 23 Julie 1997 in Pretoria gebore.[2] Haar pa is oorlede toe sy 'n tiener was, terwyl haar ma, Ninette, 'n finalejaar Baccalaureusgraadstudent was toe Joubert aan die Mej Suid-Afrika 2020 deelgeneem het. Sy is die jongste van drie broers en susters.[2]
Joubert het in Centurion, Gauteng, grootgeword en het aan die Hoërskool Eldoraigne skoolgegaan.[2] Daarna het sy by die Boston City Campus en Business College ingeskryf en 'n Baccalaureusgraad in bemarkingsbestuur in 2020 verwerf. Voor Mej. Suid-Afrika 2020 het Joubert as skakelbeampte vir 'n regsfirma gewerk en is ook die stigter en eienaar van 'n modeontwerpmaatskappy, Natalia Jefferys.[2]
Voorafgegaan deur Zozibini Tunzi |
Mej. Suid-Afrika 2020 |
Opgevolg deur Lalela Mswane |