Die National Rugby League (NRL; Afrikaans: "Nasionale Rugbyliga") is 'n professionele rugbyliga-kompetisie in Australasië.
Die NRL voer sy oorsprong terug na die New South Wales Rugby League (NSWRL), wat in 1908 gevorm is. Ná die Super League-oorlog van die 1990's is die NRL in 1998 gevorm as 'n samesmelting van die Australian Rugby League (ARL) en die Super League.[1][2]
Elke jaar word die premierskapwenner tydens die NRL Grand Final beslis.
Terwyl die NRL self 'n mansliga is, is daar 'n ekwivalente vroueliga, die NRL Women's Premiership (NRLW), wat in 2018 begin het.
Daar is tans 17 spanne in die NRL. Hiervan is 10 in Nieu-Suid-Wallis gebaseer (insluitend agt in Sydney, een in Newcastle en een in Sydney en Wollongong). Van die oorblywende sewe is vier in Queensland (Een elk in onderskeidelik Brisbane, die Goudkus, Townsville, Brisbane en die Sunshine Coast), en drie in onderskeidelik Victoria (Melbourne), Nieu-Seeland (Auckland) en die Australiese hoofstadgebied gebaseer (Canberra).