National Trust for Scotland for Places of Historic Interest or Natural Beauty | |
---|---|
Afkorting
|
National Trust for Scotland
|
Leuse
|
A place for everyone
|
Stigting
|
1931
|
Regsstatus
|
Trust
|
Doelwit
|
the conservation charity that protects and promotes Scotland's natural and cultural heritage for present and future generations to enjoy
|
Hoofkwartier
|
Edinburg, Verenigde Koninkryk
|
President
|
Neil Oliver
|
Voorsitter
|
Sir Moir Lockhead
|
Uitvoerende hoof
|
Simon Skinner
|
---- | ---- |
---- | Raad van Trustees
|
Personeel
|
540
|
Vrywilligers
|
750
|
Ledetal
|
365 000
|
Webtuiste
|
National Trust
|
Die National Trust for Scotland for Places of Historic Interest or Natural Beauty, algemeen bekend as die National Trust for Scotland (Skots-Gaelies: Urras Nàiseanta na h-Alba) is 'n Skotse bewaringsorganisasie. Met 'n ledetal van meer as 380 000[1] is dit die grootste organisasie in Skotland. Die National Trust for Scotland beskryf homself as 'n "bewarings- en welwillendheidsorganisasie wat Skotland se natuur- en kulturele erfenis beskerm en bekendstel sodat huidige en toekomstige generasies dit kan geniet".
Die Trust besit en bestuur sowat 130 eiendomme en 76 000 hektaar (of 760 km2) se grond,[2] insluitende kastele, herehuise, historiese monumente en wonings, tuine en afgeleë landelike gebiede. Sy doelwitte is vergelykbaar met dié van sy susterorganisasie, die National Trust in Engeland, Wallis en Noord-Ierland, en ander internasionale bewaringsorganisasies.