Algemeen | |
---|---|
Naam | Natriumsianaat |
Chemiese formule | NaOCN |
Molêre massa | 65.01 g/mol |
CAS-nommer | 917-61-3 |
Voorkoms | Wit kristallyne vaste stof |
Reuk | Reukloos |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a= 356.79(10); c= 1512.3(5) pm @170K (heks. weergawe)[1] |
Ruimtegroep | R3m |
Nommer | 148 |
Smeltpunt | 550 °C |
Kookpunt | |
Digtheid | 1.893 g/cm3 |
Oplosbaarheid | 11.6 g/100 mL (25 °C) |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 1500 mg/kg (rot, oraal) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Natriumsianaat (NaOCN) is 'n wit kristallyne vastestof wat 'n rhomboëdriese kristalstruktuur (trigonale kristalstelsel) by kamertemperatuur aanneem.[2]
Natriumsianaat kan deur middel van die reaksie tussen ureum en natriumkarbonaat berei word[3], of deur die oksidasie van natriumsianied. Dit kan gedoen word deur suurstof deur gesmelte natriumsianied te borrel:
Een van die meer onlangse sintesemetodes is 'n wysiging van 'n sinteseproses vir langkettingalkohole. In plaas daarvan dat die reaksie met water geblus word, word ammoniak bygevoeg. Daardeur gaan die ammoniak oor in sianaat, en dit slaan uit die oplossing neer. Die neerslag is 95-97% suiwer met spore van waterstofkarbonaat. Nadat die neerslag met water afgespoel word, bly 'n baie suiwer natriumsianaat agter.[4]
NaOCN kristalliseer in 'n romboëdriese struktuur. Litium word deur ses koolstof- of stikstofatome omring. Die OCN− ione is lineêr en gerangskik in die rigting van die drietallige as. Hulle oriëntasie is waarskynlik ewekansig verdeel. Dit is nogtans met X-straaldiffraksie moeilik om te bepaal. Elke suurstof- en stikstofatoom is gekoörineer aan drie litiumatome. Dit is isomorfies met litiumsianaat[5], maar nie met KOCN nie.[1]
Die Ramanspektrum toon vyf absorpsies:[5]
Modus | Piek [cm-1] |
---|---|
δsimmetriese buig(NCO) | 636 |
υsimmetriese strek(NCO) | 1080 |
υsimmetriese strek(CO) | 1215 |
1303 | |
υasimmetriese strek(CN) | 2177 |
Natriumsianaat is 'n ideale nukleofiel, sodat dit gebruik kan word in reaksies waar stereospesifisiteit verlang word, soos by die produksie van chirale oksasolidoon.[6]
Natriumsianaat is 'n nuttige reagens vir die vervaardiging van asimmetriese ureumderivate, wat 'n verskeidenheid van biologiese aktiwiteite het, meestal as arielisosianaat tussenverbindings.[7]
Sulke tussenverbindings sowel as natriumsianaat word in medisyne gebruik om kankerverwekkende effekte op die liggaam om te keer,[8] veral by mense met sekelselanemie.[9] Dit blokkeer ook sekere reseptore vir melanien wat getoon is om met vetsug te help.[7] In die meeste gevalle word die intermediêre wat met natriumsianied geproduseer word, egter slegs vir medisinale studies gebruik. In die geval van sekelsel-anemie en anti-kankerverwekkende navorsing was natriumsianaat self die verbinding van belang.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)