Natuurlike hulpbronne is hulpbronne wat bestaan sonder optrede van mense. Dit sluit in alle gewaardeerde kenmerke soos magnetiese krag, aantrekkingskrag en elektriese eienskappe en kragte. Op die aarde sluit dit in: sonlig, atmosfeer, water, grond (wat alle minerale insluit), asook alle plantegroei en dierelewe wat natuurlik bestaan het binne vroeër geïdentifiseerde kenmerke en hoofbestanddele.[1][2][3][4]
Spesifieke areas soos die reënwoud in Fatu-Hiva word dikwels gekenmerk deur die biodiversiteit en aarddiversiteit het in hul ekosisteem bestaan. Natuurlike hulpbronne kan verder op verskillende maniere geklassifiseer word. Natuurlike hulpbronne is materiale en bestanddele (iets wat gebruik kan word) wat binne die omgewing gekry kan word. Elke mensgemaakte produk bestaan uit natuurlike hulpbronne (op sy fundamentele vlak). 'n Natuurlike hulpbron kan bestaan as 'n aparte entiteit soos vars water en lug, asook as 'n lewende organisme soos 'n vis, of dit kan in 'n alwisselende vorm verwerk moet word om die hulpbron te kry soos metaal, erts en die meeste vorms van energie.
Daar is wêreldwyd heelwat gesprekke oor die toewysing van natuurlike hulpbronne. Dit is veral die geval tydens tye van toenemende skaarsheid en tekorte (die uitputting en oorverbruik van hulpbronne), maar ook omdat die uitvoer van natuurlike hulpbronne die grondslag van baie ekonomieë is.
Sommige natuurlike hulpbronne soos sonlig en lug kan oral gekry word, en staan bekend as alomteenwoordige hulpbronne. Die meeste hulpbronne kom egter voor in klein sporadiese areas en word genoem beperkte hulpbronne. Daar is baie min hulpbronne wat beskou word as onuitputbaar (wat nie in die toekoms gaan opraak nie) – dit is sonbestraling, geotermiese energie en lug (hoewel toegang tot skoon lug miskien nie). Die oorgrote meerderheid hulpbronne is teoreties uitputbaar, wat beteken daar is net 'n beperkte hoeveelheid en dit kan uitgeput word as dit nie behoorlik bestuur word nie.
Daar is verskillende metodes om natuurlike hulpbronne te kategoriseer. Dit sluit bron van oorsprong, vlak van ontwikkeling en hernubaarheid in.
Wat hul oorsprong betref, word hulle in twee soorte ingedeel:
Wat hul vlak van ontwikkeling betref, kan na natuurlike hulpbronne verwys word op die volgende maniere:
Hernubaarheid is 'n gewilde onderwerp en baie natuurlike hulpbronne kan geklassifiseer word as óf hernubaar óf niehernubaar.
Hulpbronontginning behels enige aktiwiteit wat hulpbronne van die natuur ontgin. Dit kan wissel in skaal van die tradisionele gebruik van voorindustriële gemeenskappe, tot wêreldwye bedrywe. Ontginnende bedrywe is, saam met landbou, die grondslag van die hoofsektor van die ekonomie. Ontginning produseer die grondstowwe wat dan verwerk word om waarde toe te voeg. Voorbeelde van ontginningsbedrywe is jag, mynwese, boor vir olie of gas en bosbou. Natuurlike hulpbronne kan heelwat tot 'n land se rykdom toevoeg,[7] hoewel 'n skielike invloei van geld wat veroorsaak word deur 'n hulpbronopbloei kan sosiale probleme veroorsaak, insluitend inflasie wat ander bedrywe kan skade berokken, wat weer kan lei tot ongelykheid en onderontwikkeling.
Ontginningbedrywe verteenwoordig 'n groot groeiaktiwiteit in minder ontwikkelde lande, maar die rykdom wat geskep word lei nie altyd tot volhoubare en inklusiewe groei nie. Daar word dikwels aanvaar dat maatskappye in die ontginningsbedryf net belang stel om die korttermynwaarde tot die maksimum te benut, wat daartoe lei dat minder-ontwikkelde lande kwesbaar is vir magtige maatskappye. Navorsers redeneer dat daar areas van gemeenskaplike belange is waar ontwikkelingsdoelwitte en sake kruis. Dié bied geleenthede vir internasionale staatsagentskappe om saam met die private sektor en gasheerstaat voordele te put uit inkomstebestuur en verantwoordbaarheid wat uitgawes betref, die ontwikkeling van infrastruktuur, die skep van werksgeleenthede, die verbetering van vaardighede en die ontwikkeling van ondernemings.[8]
Die uitputting van natuurlike hulpbronne het die laaste jare 'n groot fokuspunt van regerings en organisasies soos die Verenigde Nasies (VN) geword. Dit blyk duidelik uit die VN se Agenda 21 Deel Twee, wat die nodige stappe uitstippel wat lande moet neem om hul natuurlike hulpbronne te volhou.[9] Die uitputting van natuurlike hulpbronne word beskou as 'n volhoubare ontwikkelings-kwessie.[10] Die Brundtland-kommissie se interpretasie van volhoubare ontwikkeling is: "Om te verseker dat dit voldoen aan die behoeftes van die huidige oomblik sonder om die vermoë van toekomstige generasies om aan hul behoeftes te voldoen in die gevaar te stel."[11]
"Die bewaring van ons natuurlike hulpbronne is die fundamentele probleem. Tensy ons daardie probleem oplos, sal dit ons min baat om al die ander op te los."
Die uitputting van natuurlike hulpbronne word veroorsaak deur "regstreekse aandrywers van verandering" soos mynbou, petroluittrekking, visvangs en bosbou, asook deur "onregstreekse aandrywers van verandering" soos demografie, ekonomie, die samelewing, politiek en tegnologie. Baie van die huidige gebruike in landbou is nog 'n faktor wat die uitputting van natuurlike hulpbronne aandryf. Byvoorbeeld, die uitputting van voedingstowwe in die grond weens die hoë gebruik van stikstof, asook woestynvorming.