Eon | Era | Periode | Ouderdom mj. | |
---|---|---|---|---|
Fanerosoïkum | Paleosoïkum | Kambrium | later | |
Proterosoïkum | Neo- | Ediacarium | 635 - 541 | |
Kriogenium | 720 - 635 | |||
Tonium | 1000 - 720 | |||
Meso- | Stenium | 1200 - 1000 | ||
Ektasium | 1400 - 1200 | |||
Kalimnium | 1600 - 1400 | |||
Paleo- | Staterium | 1800 - 1600 | ||
Orosirium | 2050 - 1800 | |||
Riasium | 2300 - 2050 | |||
Siderium | 2500 - 2300 | |||
Argeïkum | Neoargeïkum | vroeër | ||
Indeling van die Proterosoïkum volgens die ICS.[1] |
Die Neoproterosoïkum is die jongste era van die Proterosoïese Eon van ons planeet se geskiedenis.
Die Neoproterosoïkum is die onderwerp van baie navorsing. Dit het van ongeveer 1 000 tot 541 miljoen jaar gelede geduur en bestaan uit drie tydperke: die Tonium, die Kriogenium en die Ediacarium.
In die Tonium het die kontinente 'n superkontinent, Rodinië, gevorm wat later opgebreek het. Die tektoniese gebeurtenisse word aan die biologiese ontwikkeling gekoppel.
In die Neoproterosoïkum het die samestelling van die aarde se atmosfeer verander. Die suurstofgehalte het toegeneem en dit het die ontstaan van hoër organismes moontlik gemaak.[2] Hierdie era is dus van groot belang vir die ontwikkeling van hoër organismes, soos plante en diere, op aarde. In die Tonium is daar reeds getuienis van die teenwoordigheid van meersellige organismes, hoewel die suurstofgehalte van die lug tot ongeveer 900 miljoen jaar gelede laag was, ongeveer 0,1%.[3] Later het dit toegeneem. In die Kriogenium het ekstreme vergletsering en wysigings in die koolstofkringloop plaasgevind. Hoe die lewe op aarde oorleef het, is een van die onderwerpe van wetenskaplike navorsing. In die Ediacarium het die eerste duidelike fossiele van dierlike organismes verskyn. Hulle het nogtans net sagte liggame gehad en dikwels behoort tot groepe wat later uitgesterf het. In die Kambrium, wat op die Ediakarium gevolg het, het diere verskyn met harde dele wat baie makliker fossiele vorm.
Die onwenteling van die Aarde en die Maan in die Neoproterosoïkum het effens verskil van vandag. Daar word geraam dat rond 620 Ma gelede die jaar 400±7 (sonne)dae lank gewees het en die dag 21,9±0,4 uur geduur het. Daar was omtrent 13,1±0,1 sinodiese maande per jaar. [4]