Nieu-Siberiese Eilande Inheemse naam: Новосибирские острова, Саҥа Сибиир арыылара | |
---|---|
Die Nieu-Siberiese Eilande. | |
Geografie
| |
Ligging | Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 75°16′N 145°15′O / 75.267°N 145.250°O |
Argipel | Nieu-Siberiese Eilande |
Totale eilande | 13 |
Hoofeilande | Anzjoe-eilande, Ljachofski-eilande, De Long-eilande |
Oppervlakte | 29 900 vk km
|
Administrasie | |
Rusland | |
Republiek | Jakoetië
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die Nieu-Siberiese Eilande (Russies: Новосиби́рские острова, Nowosibirskije Ostrowa; Jakoeties: Саҥа Сибиир арыылара, Saŋa Sibiir ariilara) is ’n eilandgroep noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië).
Die eintlike Nieu-Siberiese Eilande, of Anzjoe-eilande, met ’n oppervlakte van sowat 29 000 km², bestaan uit:
Suidwaarts en nader aan die Siberiese vasteland is die Ljachofskije-eilande (6 095 km²):
Die klein De Long-eilande (228 km²) lê noordoos van Nowaja Sibir. Hierdie eilande word dikwels nie beskou as deel van die Nieu-Siberiese Eilande nie:
Die Nieu-Siberiese Eilande is laag geleë. Die hoogste punt is die berg Malakatin-Tas op Kotelni-eiland (374 m bo die seevlak).
Die klimaat is arkties en bitter koud. Sneeu kom nege maande van die jaar voor. Die gemiddelde temperatuur in Januarie is van -28 °C tot -31 °C.
In Julie hou koue water van die Noordelike Yssee die temperature aan die kus laag: die gemiddelde maksimum temperatuur is van 8 °C to 11 °C en die gemiddelde minimum van -3 °C tot 1 °C. In die binneland is die temperature in Julie onderskeidelik 16 °C tot 19 °C en 3 °C tot 6 °C. Die reënval is tot 132 mm per jaar.
Ysgrond en ondergrondse ys is algemeen. Die oppervlak van die eilande is bedek met Arktiese toendra-plantegroei en verskeie mere.
Die eerste nuus oor die bestaan van die Nieu-Siberiese Eilande is aan die begin van die 18de eeu versprei deur ’n Kosak, Jakof Permjakof. In 1712 het ’n Kosakke-eenheid onder M. Wagin die Groot-Ljachofskeiland bereik. Aan die begin van die 19de eeu is die eilande verder verken deur Jakof Sannikof, Matwei Gedensjtrom en ander.[1] In 1809-1810 het Sannikof en Gedensjtrom na die eilande gegaan op ’n kartografiesending. Sannikof het in 1811 berig dat hy ’n "nuwe land" noord van Kotelni gesien het. Dit het gelei tot die mite van "Sannikofland".[1]
In 1886 het die ontdekkingsreisiger en wetenskaplike baron Eduard von Toll tydens sy eerste besoek aan die eilande gedink dat hy ’n onbekende stuk land noord van Kotelni gesien het. Hy het vermoed dat dit die sogenaamde Sannikofland is.[1] In die lente van 1892 het hy die eilande weer besoek saam met ’n Kosak en drie plaaslike bewoners. Hy het die suidkus van Groot-Ljachofeiland bereik.[1] Daar het hy belangrike ontdekkings gedoen, soos goed bewaarde beendere, ivoor en hout.[2][3][4]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Nieu-Siberiese Eilande. |