Nieuwoudtville-tolbos

Nieuwoudtville-tolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. remotum
Binomiale naam
Leucadendron remotum
I.Williams, (1969)

Die Nieuwoudtville-tolbos (Leucadendron remotum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap waar dit voorkom op die Bokkeveld-eskarp suid van Nieuwoudtville.

Die struik word 1.7 m hoog en blom van Augustus tot September. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur die werking van klein kewers bestuif word. Die plant groei op hellings op hoogtes van 680 tot 860 m.

In Engels staan dit as die Nieuwoudtville conebush bekend.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]