Nigel Short | |
![]() | |
Short in 2005
| |
Naam | Nigel David Short |
---|---|
Geboorte | 1 Junie 1965 Leigh, Engeland |
Nasionaliteit(e) | ![]() |
Titel | Grootmeester 1984 |
FIDE rang | No. 55 (Maart 2017) |
Nigel David Short (gebore 1 Junie 1965) is 'n Britse skaakspeler, grootmeester, skaakafrigter en skaakkommentator. Short het 'n grootmeester geword toe hy 19 jaar oud was. In 1993 word hy die eerste Britse speler in 'n wêreldkampioenskap, toe hy gekwalifiseer het om te speel teen Garri Kasparof in 1993 in London (Kasparof het gewen, 12½ - 7½). Hy die tans die oudste speler in die FIDE rang se top 100 spelers.[1]
Hy is die tweede oudste van drie seuns van David and Jean Short. Sy vader is 'n joernalis en sy moeder 'n skoolsekretaris.[2] Sy ouers het geskei toe hy 13 jaar oud was.[3] Short het ophou skoolgaan op 17 om op skaak voltyds te fokus.[4]
Short se pa het hom leer skaak speel.[5] 'n Skaakwonderkind, Short het media-aandag aangetrek as 'n 10-jarige, deur Viktor Korchnoi te wen, toe hy nommer 2 in die wêreld was, in 'n gelyktydige uitstalling in Londen oor 31 borde, waar Short die enigste oorwinnaar was. Hy was selfonderrig en in 1977 drie dae voor sy 12de verjaarsdag word hy die jongste deelnemer aan die Britse Skaakkampioenskap. Hy het tien keer Britse kampioen Jonathan Penrose verslaan en met 5/11 voltooi, 'n uitstekende vertoning vir 'n debutant.[6] Short oorheers Britse jeugskaak gedurende hierdie tydperk, en het 'n Meestergradering behaal met sy vertoning in die 1977-Britse eindstryd.
Short woon in Griekeland en het getrou met Rhea Argyro Karageorgiou in 1987.[7] Hulle het twee kinders saam.[8]