Algemeen | |
---|---|
Naam | Nikkelhidroksied |
Chemiese formule | Ni(OH)2 |
Molêre massa | 92,708 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 11113-74-9[1] |
Voorkoms | groen poeier[1] |
Fasegedrag | |
Fase | β-Ni(OH)2 |
Selkonstantes | a=311pm; c=462pm[2] |
Ruimtegroep | P3m1 |
Nommer | 164 |
Strukturbericht | C6 |
Fase | α-Ni(OH)2 |
Selkonstantes | ah=307pm; ch=2320pm; γ=120°[2] |
Ruimtegroep | R3m |
Nommer | 166 |
Smeltpunt | 230 °C [1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 4,1 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | Sleg oplosbaar[1] |
Ksp | 5,48 x 10-16[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Nikkelhidroksied is 'n basis van nikkel met formule Ni(OH)2.
β-Ni(OH)2 kristalliseer in die gelaagde trigonale kadmiumjodied-struktuur (oftewel die brusiet-stuktuur) wat die C6-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[2]
α-Ni(OH)2 kristalliseer in 'n romboëdriese (trigonale) struktuur met 'n langer c-as wat 'n andere pakmodus besit. Dit is ook 'n gelaagde struktuur met dieselfde rand-delende oktaëdriese lae as β-Ni(OH)2. As gevolg van die relatief swak interaksies tussen die lae, kan spesies tussen die lae geïnterkaleer word, wat lei tot 'n verlenging van die c-as van die eenheidsel. Dit kan ook veroorsaak dat die lae uit belyning gly en lukraak relatief tot mekaar oriënteer. Dit kan lei tot 'n struktuur wat dikwels as turbostraties beskryf word.[2]
Daar is verskeie wanordelike strukture gerapporteer vir gelaagde nikkelhidroksiede insluitend dié met stapelfoute en versteuring van die fase-interstratifikasie.[2]
Nikkelhidroksied kan as neerslag verkry word deur aan 'n oplossing van nikkelnitraat 'n oplossing van kaliumhidroksied by te voeg. As dit teen hoër temperature uitgevoer word of die neerslag aan langer verouderingstye blootgestel word, word die β-vorm verkry. Laer temperature en korter tye lewer 'n produk wat meer wanorde en 'n slegter kristaliniteit besit. [2]
Die amorfe neerslag bevat baie water en die α-modifikasie kan as 'n hidraat Ni(OH)2·xH2O beskou word met geïnterkaleerde watermolekules wat die afstand tussen die nikkellae vergroot. Die teenwoordigheid van ione soos karbonaat stabiliseer die α-struktuur.[4]
Elektrochemiese oksidasie lei tot die vorming van die bruiswart oksiedhidroksied NiOOH wat nikkel is sy +3 oksidasietoestand bevat:[4]
of, in basiese oplossings:
Die interkalasieprosesse staan toe dat hierdie reaksie binne die vaste nikkelhidroksiedelektrodes plaasvind.[4]
Nikkelhidroksied is een van die komponente van die nikkelkadmiumbattery
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)