Nioeserre | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Nyuserre, Ini, Rathures | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
’n Borsbeeld van ’n 5de-dinastiese koning, vermoedelik Nioeserre. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Farao van die 5de Dinastie | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periode | 2445–2421 v.C. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorganger | Neferefre/Sjepseskare | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Opvolger | Menkaoehor | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vader | Neferirkare | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Moeder | Chentkaoes II | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Oorlede | 2421 v.C. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Monumente | Piramide by Aboe Sir | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Nioeserre in Egiptiese hiërogliewe | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Nioeserre (ook bekend as Nioeserre Ini en onder die Hellenistiese naam Rathures volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Hy het waarskynlik 24 of 25 jaar lank regeer,[1] van omstreeks 2445 tot 2421 v.C.[2] Nioeserre beteken "Met die Mag van Ra". Hy was die seun van farao Neferirkare en die jonger broer van Neferefre.[3]
Daar word dikwels geglo hy het sy broer direk opgevolg, maar daar is bewyse dat Sjepseskare tussen hulle kon regeer het, hoewel net vir ’n kort rukkie. Laasgenoemde kon probeer het om die linie van Sahoere, wat sy pa kon gewees het, te herstel ten koste van die Neferirkare-linie, maar sy poging het dalk nie geslaag nie.
Nioeserre se enigste bekende vrou was Reptinoeb. ’n Vrou met die naam prinses Chamerernebty was sy dogter. Dit is nie bekend wie haar ma was nie.[4] Uit ’n kalksteenfragment blyk ook dat hy ’n seun, Chentikaoehor, gehad het.[5]
Volgens Manetho het Nioeserre 44 jaar lank regeer, maar dié data is onbetroubaar. Die Turynse Koningslys is erg beskadig waar die data vir sy bewind aangedui word, maar geleerdes glo dit was 24 jaar. Die Deense Egiptoloog Kim Ryholt, wat die Koningslys twee keer bestudeer het, meen daar is ’n aanduiding van 10, 20 of 30 jaar, gevolg deur ’n streep, en die res van die papirus is afgebreek. Dit kan dui op ’n bewind van 11-14, 21-24 of 31-34 jaar.[6] Na aanleiding van aantekeninge oor ’n Sed-fees vir hom (waarmee ’n bewind van 30 jaar of langer gevier is), word gereken hy het vir langer as drie dekades regeer.
Die Tsjeggiese Egiptoloog Miroslav Verner, wat sedert 1976 uitgrawings by die Egiptiese piramides doen, stem saam met ’n bewind van 30 jaar of meer. Hy baseer sy mening op die koning se talle boubedrywighede by Aboesir, wat insluit sy eie piramidekompleks, twee kleiner piramidekomplekse, die voltooiing van die grafmonumente van sy familielede Neferirkare, Chentkhaoes II en Neferefre, sowel as die voltooiing van laasgenoemde se sontempel by Aboe Gorab.[7]