Nisa Mitradatkirt | ||
Die ingang tot Nisa. | ||
Land | Turkmenistan | |
Soort | Antieke stad | |
Streek | Asjchabat | |
Oppervlakte | 77,9 ha | |
Geskiedenis | ||
Tydperk | Partiese Ryk | |
Kulture | Parties | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Kriteria | (ii), (iii) | |
Verwysing | 1242 | |
Inskripsie | 2007 (31ste sessie) | |
Toestand | Ruïnes | |
Streek† | Turkmenistan | |
Beskrywing* | Partiese forte van Nisa | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Nisa, ook Mitradatkirt genoem, was 'n antieke stad in die Partiese Ryk. Dit is geleë naby die hedendaagse Asjchabat, Turkmenistan, 18 km wes van die middestad. Nisa word deur sommige beskryf as die eerste hoofstad van die Partiese of Arsakidiese Ryk. Daar word tradisioneel aangeneem dit is deur Arsakes I (bewind: omstreeks 250-211 v.C.) laat bou en dat dit die koninklike woonplek van die Partiese konings was, hoewel nooit vasgestel is of die fort by Nisa 'n koninklike woning of mausoleum was nie.
In 2007 is die fort tot 'n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar.[1]
Nisa was 'n groot stad in die Partiese Ryk.[2] Dit is later deur Mitridates I van Partië (bewind: omstreeks 171-138 v.C.) hernoem tot Mitradatkirt (Parties: 𐭌𐭕𐭓𐭃𐭕𐭊𐭓𐭕, "fort van Mitradates").
Die streek was bekend vir sy vinnige en mooi perde.[3] Dit is in die 1ste dekade v.C. heeltemal deur 'n aardbewing verwoes.