Nissan Motor Co., Ltd. | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 26 Desember 1933 |
Hoofkantoor | Nishi-ku, Jokohama, Japan |
Sleutelpersone | Makoto Uchida (President en hoof- uitvoerende beampte |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger Finansiële dienste |
Produkte | Motors, luukse voertuie, kommersiële voertuie, buiteboordmotors, vurkhysers |
Inkomste | ¥11,95 triljoen (FJ2017) |
Bedryfsinkomste | ¥574,7 miljard (FJ2017) |
Netto inkomste | ¥746,9 miljard |
Werknemers | 136 134 (2020) |
Moedermaatskappy | Renault (43,4%) |
Divisies | Nissan, Infiniti, NISMO, Datsun |
Webwerf | nissan-global.com |
Nissan Motor Company Ltd (Japannees: 日産自動車株式会社 Hepburn: Nissan Jidōsha Kabushiki-gaisha), gewoonlik verkort na Nissan, is 'n Japannese multinasionale motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Nishi-ku, Jokohama, Japan.
In 1999 word Nissan deel van die Renault–Nissan-alliansie, 'n vennootskap tussen Nissan en die Franse motorvervaardiger Renault. Renault het 'n 43,4% stemaandeel in Nissan, terwyl Nissan 'n 15% nie-stemgeregtigde belang in Renault besit. Carlos Ghosn dien as uitvoerende hoof van beide maatskappye.
Nissan Motors verkoop sy motorprodukte onder die Nissan, Infiniti, Datsun en NISMO handelsmerke.
Nissan was in 2012 die sesde grootste motorvervaardiger in die wêreld ná Toyota, General Motors, Volkswagen Groep, Hyundai Motormaatskappy en Ford. Saam is die Renault–Nissan–Mitsubishi-alliansie die wêreld se vierde grootste motorvervaardiger. Nissan is die voorste Japannese handelsmerk in China, Rusland en Meksiko.
Huidige modelle in Europa:
Cube ·
Datsun Go ·
GT-R ·
Juke ·
Leaf ·
Micra ·
Murano ·
Navara ·
Note ·
NV200 ·
NV400 ·
Pathfinder ·
Pixo ·
Primastar ·
Qashqai ·
X-Trail |
Wysig hierdie sjabloon |