Nitrobacter | |
---|---|
Nitrobacter winogradskyi | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Bakterieë |
Filum: | Proteobacteria |
Klas: | Alphaproteobacteria |
Orde: | Rhizobiales |
Family: | Bradyrhizobiaceae |
Genus: | Nitrobacter Sergej Winogradsky 1892 |
Tipespesie | |
Nitrobacter winogradskyi | |
Spesies | |
Nitrobacter is 'n genus van bakterieë van die familie Bradyrhizobiaceae.[2][3] Spesies van hierdie genus word gevind in gronde, vars water en in die see.
Hulle is staafvormige, gram-negatiewe bakterieë wat nitrietione (NO−2) onder oksiese toestande vir die doel van energieproduksie) met suurstof (O2) tot nitraatione (NO−3) oksideer. Daar word dus ook na hulle verwys as "nitriet-oksideerders" of "nitraatbakterieë". Hierdie oksidasie is die tweede stap van nitrifikasie. Soos baie ander nitrifiserende bakterieë, het Nitrobacter 'n interne membraanstelsel. Die ensiem nitrietoksidase is in die membrane geleë en kataliseer die oksidasie van nitriet na nitraat.
In teenstelling met ander nitrifiseerders is Nitrobacter nie verpligt chemolitotroof, dus kan dit CO2, sowel as organiese stowwe, byvoorbeeld asetaat en piruvaat as die eksklusiewe koolstofbron gebruik. Nitrobacter is ook in staat om chemo-organotrofies te lewe.
Nitrifikasie is deel van die natuurlike stikstofsiklus, waardeur ammoniak tot nitraat geoksideer word. Bakterieë wat hierby betrokke is, word nitrifiseerders genoem. Die genus Nitrobacter is dus van groot ekologiese belang. In die eerste, voorafgaande stap van nitrifikasie, produseer ander bakterieë soos Nitrosomonas - wat dienooreenkomstig "nitrosifiseerders" of "nitrietbakterieë" genoem word - ammoniumione (NH+4) en oksideer dit na nitrietione. Dit is hoekom na hulle ook as "ammoniakoksideerders" verwys word.
Nitrobacter en ander nitrifiserende bakterieë word dikwels in erg besoedelde waters aangetref omdat daar baie ammoniak teenwoordig is.
Die genus Nitrobacter is tans (Oktober 2020) in die familie Nitrobacteraceae. Tot 2020 is dit aan die Bradyrhizobiaceae toegewys. Die Nitrobacteraceae was steeds in die orde Hyphomicrobiales geplaas, voorheen was die familie onder die Rhizobiales gelys.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)