Algemeen | |
---|---|
Naam | Nitrogliserien |
IUSTC-naam | 1,2,3,-tris-nitroksipropaan |
Ander name | gliseroltrinitraat |
Chemiese formule | C3H5N3O9 |
Molêre massa | 227,09 [g/mol] |
CAS-nommer | 55-63-0 |
Voorkoms | kleurlose vloeistof |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 13,2 °C[1] |
Kookpunt | Begin ontbinding >50 °C |
Digtheid | 1,591 g/cm3[1] |
Oplosbaarheid | onopl. water, etanol. Opl. eter metanol, asetoon |
ΔfHɵ | -1633,2 kJ/mol[1] |
ΔcHɵ | 6761,34 kJ/mol[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Selfontbrandingspunt | Ontplof 260 °C[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Nitrogliserien is 'n bekende plofstof, wat ook mediese toepassings het. Dit is 'n chemiese stof met die formule C3H5N3O9 en is die drievoudige ester van gliserol met salpetersuur.
Soos ander organiese nitrate kan nitogliserien vervaardig word uit gliserol met nitreersuur, 'n mengsel van salpeter- en swaelsuur:
Dit moet egter baie versigtig gebeur en die temperatuur moet beheer word om verder oksidasie van die alkohol te verhoed.[2]
In 1864 het Alfred Nobel nitrogliserien as 'n plofstof, wat agt keer kragtiger is as buskruit, op die mark vrygestel. Hy het dit as die onstabiele vloeistof in sink vervoer wat tot groot probleme gelei het. In 1867 het hy patent aangevra vir 'n mengsel van nitrogliserien met diatoomaarde wat hy dinamiet genoem het. Dit het die produk veilig gemaak.[3]