Noord-Sentineleiland | |
---|---|
![]() 'n Foto deur Nasa uit 2009 van die eiland. Die beskermende ring koraalriwwe kan duidelik gesien word. | |
Geografie
| |
Ligging | Golf van Bengale
|
Argipel | Andamaneilande[1]
|
Oppervlakte | 59,67 km2
|
Administrasie | |
![]()
| |
Demografie | |
Bevolking | Sowat 40[2]
|
Bevolkingsgroepe | Sentinelese |
Noord-Sentineleiland is een van die lede van die Andamaneilande in die Golf van Bengale. Die groep sluit ook Suid-Sentineleiland in. Die noordelike eiland is die tuiste van die Sentinelese, wat alle kontak met die buitewêreld beveg, soms met geweld. Hulle word beskou as een van die wêreld se geïsoleerde volke, wat basies onaangeraak deur die moderne beskawing is. Daarom is net beperkte inligting oor die eiland bekend.
In naam is die eiland deel van die distrik Suid-Andaman van die Indiese uniegebied Andaman- en Nicobar-eilande.[3] In die praktyk erken die Indiese regering die eilandbewoners se begeerte om alleen gelaat te word en monitor hulle net die eiland vanaf ’n afstand; die Sentinelese word selfs nie vervolg as hulle ander mense vermoor nie.[4][5] Die eiland kan dus beskou word as ’n soewereine gebied onder Indiese beskerming.
Noord-Sentinel lê 36 km wes van die dorp Wandoor op Suid-Andamaneiland[1] en 59,6 km noord van Suid-Sentineleiland. Dit het ’n oppervlakte van sowat 59,67 km2 en ’n rofweg vierkantige buitelyn.[6]
Noord-Sentinel word deur koraalriwwe omring en het geen natuurlike hawens nie. Die hele eiland is bebos,[7] buiten ’n smal strand. Daarna styg die grond tot 20 m, en dan geleidelik tot tussen 46 m[8]:257 en 122 m[9] naby die middel. Die riwwe strek tot tussen 800 en 1 290 m van die kus af.[9] ’n Beboste eilandjie, Constance-eiland, is sowat 600 m van die suidoostelike kus af geleë.
Die aardbewing van 2004 in die Indiese Oseaan het die tektoniese plaat onder die eiland laat kantel en dit tussen 1 en 2 m opgelig. Groot dele van die omringende koraalriwwe is uit die water gelig en het permanente droë grond of vlak lagunes geword. Dit het die eiland se wes- en suidgrens met tot 1 km verleng en dit laat saamsmelt met Constance-eiland.[10]:347[11]
In Januarie 2006 is twee vissermanne wat onwettig naby die eiland visgevang het, deur die Sentinelese vermoor nadat hul boot te naby aan die eiland gedryf het. Niemand is vervolg nie.[4] In November 2018 is John Allen Chau, ’n Amerikaanse sendeling van Washington, vermoor kort nadat hy op die eiland aangekom het.[12] Die vissermanne wat hom tot naby die eiland gebring het, is vervolg.[13]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: ander (link)