Noordelike Alliansie | |
---|---|
Vlag van die Noordelike Alliansie
| |
Gestig | September 1996[1] |
Ontbind | Desember 2001 |
Land | Afghanistan |
Die Noordelike Alliansie (wat verkies het om bekend te staan as die Verenigde Front vir die Redding van Afghanistan; Persies: جبهه متحد اسلامی ملی برای نجات افغانستان, Jabha-yi Muttahid-i Islāmi-yi Millī barā-yi Nijāt-i Afghānistān) was 'n groep van faksies wat 'n gemeenskaplike doel gehad het om die voormalige Talibanregime in Afghanistan omver te werp.[1] Dié Alliansie het weerstand gebied teen die Talibanbeweging wat hul beheer oor Afghanistan uitgebrei het van Kandahar in 1994 tot dit uiteindelik beheer oor negentig persent van Afghanistan teen September 2001 uitgeoefen het. Die Noordelike Alliansie se hoofkwartier was in Mazar-i-Sharif en het met Amerikaanse hulp die Taliban tot 'n val gebring teen Desember 2001.
Die Noordelike Alliansie het basies bestaan uit vyf moedajadien faksies. Dié groepe was:
Die meerderheid lede van die Noordelike Alliansie was Tajik, Oesbeks en Hazaras – etniese minderhede in Afghanistan. Die faksies in die Alliansie het bestaan uit lede van die voormalige moedajadien, ander van minderheidsgroepe en voormalige lede van die Sowjet gesteunde kommunistiese regering.
Die Noordelike Alliansie het die steun geniet van Indië, terwyl die Taliban gesteun is deur Pakistan[1] tot die Aanvalle op 11 September 2001 waarna Pakistan sy steun onttrek het as gevolg van druk van die VSA en hoop vir skuldverligting.
Die moedajadienvoorgangers van die Noordelike Alliansie het hulself bewys as onsuksesvolle regeerders van Afghanistan. Kort nadat Kaboel in 1992 van die Sowjetgesteunde regime verower is, het onderlinge gevegte uitgebreek. Hierdie geweldadige tweestryd tussen magte lojaal teenoor President Burhanuddin Rabbani en die opponerende faksies het uiteindelik die weg oopgemaak vir die Taliban oorname in 1996.
Die politieke leier van die Alliansie was Burhanuddin Rabbani.[2] Verskeie belangrike militêre leiers het faksies binne die alliansie beheer, insluitende Abdul Rashid Dostum, Generaal Mohammed Fahim, en Ismail Khan.[3] Achmed Sjah Massoed was die hoof militêre leier en die belangrike politieke figuur in dié Alliansie tot met sy dood wat in die publiek bevestig is op 13 September 2001, na 'n aanval deur Al-Kaïda-sluipmoordenaars wat hul voorgedoen het as joernaliste op 9 September.
Gedurende November en Desember 2001, was die Noordelike Alliansie suksesvol in 'n opmars waartydens hulle beheer oor 'n groot deel van die land oorgeneem het insluitende die hoofstad Kaboel. Dit is gefasiliteer deur grootskaalse bombardering van die Taliban magte en militêre infrastruktuur deur die Verenigde State gedurende die VSA geleide aanval op Afghanistan.[4] Die Noordelike Alliansie se mag het afgeneem aangesien die Alliansie deel was van 'n ontwapeningsproses in Afghanistan. In Mei 2005 is meer as 60% van die Noordelike Alliansie se gewapende magte ontwapen deur die Verenigde Nasies en die Afghanistan nasionale leër. President Hamid Karzai het verklaar dat hy alle gewapende groepe sal ontwapen om vervang te word deur 'n verenigde nasionale leër van 70 000 man teen 2007. Hamid Karzai het voorts ook beloof dat kriminele bevelvoeders ingevolge die reg aangekla sal word.
Die alliansie bestaan hoofsaaklik uit drie nie-Pashtun-etniese groepe - Tajiks, Oesbeke en die Hazaras - en het in die verlede staatgemaak op 'n kern van ongeveer 15 000 troepe om sy gebiede te verdedig teen die oorwegend Pashtun-Taliban.