Noordwes Provinsiale Wetgewer

Setels in die Noordwes provinsiale wetgewer na die Mei 2019-verkiesing: ██ ANC: 21 setels ██ EFF: 6 setels ██ DA: 4 setels ██ VF Plus: 2 setels

Die Noordwes Provinsiale Wetgewer is die primêre wetgewende liggaam van die provinsie Noordwes. Dit het 'n eenkamersamestelling en verkies die premier en die provinsiale kabinet uit die lede van die leierparty of koalisie in die parlement.

Magte

[wysig | wysig bron]

Die Noordwes Provinsiale Wetgewer verkies die premier van die Noordwes en kan die premier dwing om te bedank deur 'n mosie van wantroue te aanvaar. Al word die Uitvoerende Raad van die provinsie deur die Premier benoem, kan die wetgewer 'n mosie van wantroue aanneem wat die Premier dwing om die Raad te herkonfigureer. Die provinsiale wetgewer wys ook afgevaardigdes van die Noordwes aan die Nasionale Raad van Provinsies toe en afgevaardigdes van partye word toeken in verhouding tot die totale aantal setels wat elke party in die wetgewer hou.

Die wetgewer is by magte om wetgewing op verskeie terreine aan te neem, soos uiteengesit in die nasionale grondwet; op sommige terreine word die wetgewende mag met die nasionale parlement gedeel, terwyl ander vir die provinsie gereserveer word. Die velde sluit sake soos gesondheid, onderwys, landbou, behuising, beskerming van die omgewing en ontwikkelingsbeplanning in.

Die wetgewer hou toesig oor die administrasie van die provinsiale regering van die Noordwes, en die Premier van die Noordwes en die lede van die Uitvoerende Raad moet aan die wetgewer verslag doen oor die uitvoering van hul individuele verantwoordelikhede. Die wetgewer bestuur ook die geldsake van die provinsiale regering deur middel van die bewilligingswetsontwerpe wat die provinsiale begroting bepaal.[1]

Verkiesing

[wysig | wysig bron]

Die Provinsiale Wetgewer bestaan uit 33 lede wat verkies word deur 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging van die partylys met geslote lyste. Met ander woorde, elke kieser stem vir een politieke party, en setels in die wetgewer aan die partye toegeken in verhouding tot die aantal stemme wat dit ontvang het. Die setels word dan deur lede gevul volgens die lyste wat die partye voor die verkiesing ingedien het.

Ampsdraers

[wysig | wysig bron]

Die Speaker is die politieke hoof van die wetgewer en word bygestaan deur 'n adjunk-speaker. Die huidige speaker is Desbo Mohono, en die adjunk-speaker is Tshepo Khoza. Hulle is albei lede van die African National Congress.

Sedert 14 Junie 2024 is die premier van Noordwes Lazarus "Lazzy" Mokgosi van die African National Congress, terwyl Keobakile Babuile, (Ekonomiese Vryheidsvegters), die leier van die opposisie is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Skeiding van magte". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2019. Besoek op 18 Januarie 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]