Noorse boskat | ||||
![]() | ||||
Alternatiewe naam | Skogkatt | |||
Land | Noorweë | |||
Ontstaan | Natuurlik | |||
Pels | Lank | |||
Patroon | Alle behalwe kleurpunte | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Noorse boskat (Noors: Norsk skogkatt; Engels: Norwegian Forest Cat) is ’n langharige katras inheems aan Noord-Europa.
Die Noorse boskat is aangepas om te oorleef in die koue weer van Noorweë.[1][2] Hy kan moontlik afstam van swart en wit korthaarkatte wat ná 1 000 nC deur Wikings van Brittanje gebring is en langhaarkatte wat deur die Kruisvaarders gebring is. Hierdie katte kon met plaas- en wilde katte gepaar het en moontlik so in die moderne Noorse boskat ontwikkel het.[3][4][5]
Die Siberiese kat en Turkse angora, langhaarkatte van onderskeidelik Rusland en Turkye, kan ook voorvaders van die ras wees.[3] Noorse legendes verwys na die "Skogkatt" as ’n sprokiekat wat in die berge woon en hoë kranse kan uitklim.[6] Aangesien die Noorse boskat ’n baie goeie klimmer is,[7] glo die skrywer Claire Bessant dat die Skogkatt die Noorse boskat kan wees.[6] Omdat hulle goeie jagters is, is hulle later op Noorse plase gebruik.
In 1938 is die eerste klub vir die Noorse boskat gestig. Hul beweging om die ras te bewaar is in die Tweede Wêreldoorlog onderbreek en amper in die wiele gery toe die kat byna uitgewis is weens teling met ander langhaarkatte. Aangesien die kat eers in die 1970's van Noorweë na ander dele van Europa versprei het, is dit toe eers deur die Europese vereniging Fédération Internationale Féline geregistreer. In 1989 is dit in Brittanje as ’n ras erken[8] en eers in 1994 deur die Amerikaanse Cat Fanciers' Association.[9]
Die kat se pels is aangepas by baie koue toestande. Die boonste laag bestaan uit lang, blink hare wat water uithou en ’n wollerige onderlaag vir isolasie.[6] Dit is ’n groot, sterk kat – baie soos die Maine Coon – met lang bene, ’n wollerige stert en stewige lyf. Hulle het sterk pote en kan dus goed klim.
Die oë is amandelvormig en sit skuins. Dit kan enige kleur wees.[6][10] Alle pelskleure word aanvaar buiten sjokoladebruin, lila, vaalbruin en kaneel.[11]
D'un aspect mi-chat, mi-lynx. Contrairement à d'autres races, le "Norvégien" n'est pas le résultat d'une reproduction planifiée mais la conséquence de l'évolution d'un chat placé dans des conditions de survie particulièrement difficiles: le rigoureux climat de la Norvège.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)