Ligging van Norfolk in Engeland | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Ligging in Norfolk | |
![]() | |
Land | ![]() |
Graafskap | Norfolk |
Koördinate | 52°38′N 1°18′E / 52.633°N 1.300°O |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 39.02 vk km |
Hoogte bo seevlak | ? m |
Bevolking: | |
- Totaal (2007) | 132 200 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 388/vk km |
Tydsone | GMT |
- Somertyd | GMT +1 |
Burgemeester | Geen |
Amptelike Webwerf | www.norwich.gov.uk |
Norwich (uitgespreek /ˈnɒrɪdʒ/ of /ˈnɒrɪtʃ/) is 'n stad in oostelike Engeland met ongeveer 140 000 inwoners. Sedert 2012 is die stad ook die eerste UNESCO "City of Literature" in Engeland.[1] Daar is ook 10 plekke in die VSA, een in Kanada en een in Jamaika wat na Norwich genoem is.
Voor die Industriële Revolusie was Norwich die tweede grootste (naas Londen) en een van die belangrikste stede in die Koninkryk van Engeland.
Volgens die 2011-sensus het Norwich 132 512 inwoners gehad, 9% meer as in 2001.[2] In 2011 was 90,9% van sy bevolking blankes, 4,5% Asiërs (1,3% Indiërs, 1,3% Sjinese, 1,9% ander) 1,6% swartes en 3,0% van ander etniese afkoms. In sowel die 2001- as die 2011-sensus is Norwich die minste godsdienstige stad in Engeland. In 2011 het 42,5% van die stad se bevolking geen godsdiens gehad terwyl die syfers net 25,1% in Engeland en Wallis was.[3]
Norwich het 38 primêre skole en 13 sekondêre skole. Die stad is ook die tuiste van die Universiteit van East Anglia (wat in 1963 gestig is) en Norwich University of the Arts (Kunste-universiteit van Norwich).
Sleutel | |
![]() |
Kerk/katedraal/klooster |
![]() |
Pretpark |
![]() |
Kasteel |
![]() |
Landelike park |
![]() |
English Heritage |
Woud | |
![]() |
Historiese spoorlyn |
![]() |
Historiese huis |
![]() |
Museum (gratis) |
![]() |
Museum (nie gratis) |
![]() |
National Trust |
![]() |
Teater |
![]() |
Dieretuin |