Nostalgie is ’n sentimentele gemis na die verlede, gewoonlik na ’n tydperk of plek met ’n persoonlike verbintenis van geluk.[1] Die woord is afgelei van die Griekse νόστος nóstos, "tuiskoms", en ἄλγος álgos, "pyn". Dit is deur ’n 17de-eeuse mediese student uitgedink om die gevoelens te beskryf van Switserse huursoldate wat in ander lande geveg het.[2]
Nostalgie is in die vroeë moderne tyd as ’n mediese toestand, ’n soort melancholie, beskou[3] en het ’n belangrike term in die romantiek geword.[1] Dit word verbind met ’n verlange na die verlede, sy eienskappe, moontlikhede en gebeure – veral die "goeie ou dae" of ’n "gelukkige kindertyd".[4]
Wetenskaplike geskrifte handel hoofsaaklik oor nostalgie wat mense se persoonlike lewe betref en is geskryf na aanleiding van die gevolge van nostalgie wat in studies teweeggebring is. Reuk en gevoel is sterk opwekkers van nostalgie omdat hierdie stimulusse eerste deur die amigdala, waar emosies in die brein geleë is, beweeg. Dié herinneringe is gewoonlik aan belangrike gebeure in die verlede, mense vir wie ’n mens omgegee het en plekke waar tyd deurgebring is. Musiek[5] en die weer[6] kan ook sterk opwekkers van nostalgie wees.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)