OMV AG | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1956 |
Hoofkantoor | Wene, Oostenryk |
Sleutelpersone | Rainer Seeler (voorsitter) |
Industrie | Energiebedryf |
Produkte | Ru-olie, aardgas, petrochemiese produkte, innovatiewe energie-oplossings |
Inkomste | €19,26 miljard (2016) |
Werknemers | 22 544 |
Webwerf | OMV |
OMV (vroeër Österreichische Mineralölverwaltung, ÖMV) is 'n internasionale, vertikaal geïntegreerde onderneming met belange in die olie- en gasbedryf wat sy hoofkwartier in die Oostenrykse federale hoofstad Wene het. Volgens sy eie jaarverslae ontgin en bemark OMV ru-olie en aardgas, terwyl die onderneming ook gesofistikeerde petrochemiese produkte vervaardig en volhoubare innovatiewe energie-oplossings aanbied.
Met 'n jaarlikse inkomste van meer as 19 miljard € en sowat 22 500 werknemers in 2016 is die OMV aandelemaatskappy een van die grootste nywerheidsondernemings in Oostenryk.[1]