Odd Arne Westad | |
---|---|
Odd Arne Westad | |
Nasionaliteit | Noorweë |
Alma mater | Universiteit van Noord-Carolina by Chapel Hill Universiteit van Oslo |
Beroep | Historikus, skrywer |
Odd Arne Westad (gebore op 5 Januarie 1960) is 'n Noorweegse geskiedkundige wat spesialiseer in die Koue oorlog en hedendaagse Oos-Asiatiese geskiedenis. Hy is die ST Lee Professor van VSA-Asië Verhoudinge by Harvard Universiteit en gee onderrig by die John F. Kennedy Regeringsskool.[1] Westad is ook 'n Senior Skolastici van die Harvard Akademie van Internasionale - en Gebiedsstudies.[2] Hy was voorheen Skool-Professor van Internasionale Geskiedenis by die London Skool van Ekonomie (LSE), waar hy ook gedien het as direkteur van LSE IDEAS.[3] Tydens die lente-semester van 2019 het Westad die Boeing Maatskappy Leerstoel in Internasionale verhoudinge by Schwarzman Kollege, Tsinghua Universiteit beklee.[4]
Nadat hy gestudeer het as 'n voorgraadse student by die University van Oslo, het Westad die Universiteit van Noord-Carolina by Chapel Hill bygewoon ten einde te werk op sy Ph.D onder Professor Michael H. Hunt. Hy was aangestel as Direkteur van Navorsing by die Noorweegse Nobel Instituut en in 1991 as Adjunk Professor van Geskiedenis by die Universiteit van Oslo. Hy het Oslo in 1998 verlaat ten einde aan te sluit by die Internasionale Geskiedenis Departement by die LSE waar hy ook gewerk het in die LSE Asië Navorsingsentrum voordat hy in 1993 Hoof van die Department geword het.[5]
Terwyl hy by die LSE was, het Westad in 2008 LSE IDEAS, die LSE se sentrum van internasionale sake, diplomasie en strategie saam met Professor Michael Cox gestig. Westad praat en skryf in 'n aantal tale, insluitende sy moedertaal Noorweegs, Engels, Frans, Duits, Mandaryn en Russies. Hy is 'n baie bekende lektor in verskeie lande, beide wat betref geskiedenis en kontemporêre internasionale sake, veral met betrekking tot China en Oos-Asië.
Dit was in 2014 aangekondig dat Professor Westad die eerste houer sou word van die ST Lee Stoel van VSA-Asië Verhoudinge by Harvard Universiteit vanaf die somer van 2015. Professor Westad gee tans klas in internasionale verhoudinge en wêreldgeskiedenis by die John F. Kennedy Regeringsskool.[6]
Westad is veral bekend om sy her-evaluasie van die geskiedenis betreffende die Koue Oorlog. Sy interpretasie benadruk die rol van die konflik op 'n globale skaal, en nie slegs in Europa of Noord-Amerika nie. Hy onderstreep ook die ideologiese oorsprong van die Koue Oorlog en die langtermyn gevolge wat dit in Asië, Afrika en Latyn-Amerika gehad het. Die term 'globale Koue oorlog' word dikwels met Westad se werk geassosieer, en is opgeneem deur baie historici en wetenskaplikes. [7]
Westad is ook bekend vir sy werk oor die geskiedenis van China en Oos-Asië en hedendaagse internasionale sake. In sy boeke plaas hy klem op die skakels tussen China en die res van die wêreld, met die opmerking dat China se "oopmaak" tot die res van die wêreld nie 'n nuwe verskynsel is nie. Hy noem kontemporêre China dikwels 'n hibriede samelewing, meer so as enige ander land, wat uit beide Chinese en buitelandse dele bestaan. Hy was in die verlede krities oor huidige Chinese buitelandse beleid, wat hy as te nasionalistiese beskou, alhoewel hy ten gunste daarvan is dat ander lande saam met China werk, eerder as om te poog om dit te probeer beperk. [8]
Westad is die redakteur van die Universiteit van Noord-Carolina Drukkers se boekreeks oor die Koue Oorlog, en die stigters-redakteur van die joernaal Cold War History.[5]
Behalwe vir sy werk by die Londen Ekonomieskool het Westad Besoekende Genootskappe gehou by die Universiteit van Cambridge asook New York-universiteit. Hy het ook noemenswaardige toegifte vir navorsing ontvang by die Britse Raad op Navorsing in die Kunste en Geesteswetenskappe, die John D. en Catherine T. MacArthur Stigting en die Leverhulme Trust. Hy het ook werk gedoen as die Internasionale Koördineerder van die Russiese Buitelandse Department se Adviserende Groep op De-klassifikasie en Argivale Toegang .[9] In 2011 was hy genomineer (as een van twee kandidate) vir President van die Amerikaanse Historiese Assosiasie. Van 2013 tot 2016 het Westad ook gedien as Buitengewone Besoekende Navorsingsprofessor by Hong Kong Universiteit.
Westad het reeds vyftien boeke oor internasionale geskiedenis en kontemporêre internasionale sake gepubliseer, insluitende 'n nuwe weergawe van die Penguin History of the World (2013). Hy was mede-redakteur van die drie-volume Cambridge History of the Cold War (2010) saam met Melvyn Leffler.[5] Sy Restless Empire: China and the World since 1750 (2012) bied 'n oorsig oor die laaste 250 jaar van China se verhoudinge met die wêreld, en die The Cold War: A World History (2017) voorsien 'n oorsigtelike blik van die besondere konflik en die langtermyn belang daarvan. Die Times Literary Supplement het die werk een van sy boeke van die jaar gemaak en dit " 'n boek van dawerende belang vir die beoordeling of taksering van ons globale toekoms sowel as ons begrip van ons verlede.", genoem. [10]