Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
libvorbis | |
Ontwikkelaar | Xiph.Org Foundation |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 19 Julie 2002 |
Nuutste weergawe | 1.3.5/ 3 Maart 2015 |
Programmeertaal | C |
Bedryfstelsel | kruisplatform |
Kategorie | Audio codec, reference implementation |
Lisensie | BSD-style license[1][2] |
Webblad | xiph.org/downloads |
Ogg Vorbis is 'n oopbron kompressiemetode vir klanklêers wat (in teenstelling met ander oudioformate soos MP3 en Microsoft se WMA-formaat) vry van enige patente is.
Die Ogg Vorbis-formaat is van nuuts af ontwikkel deur die ontwikkelaars van oopbron sagteware omrede daar geen oopbron klankformaat bestaan het wat vrylik met ander oopbron toepassings geïntegreer kon word nie. Tydens die ontwikkeling is die nuutste idees en algoritmes gebruik wat aanleiding gee tot hoër kwaliteit klank, selfs beter as die van MP3-lêers.
"Ogg" is 'n algemene formaat wat opsig self verskillende komponente kan bevat, terwyl Vorbis die oudiogedeelte verteenwoordig. Gesamentlik is Ogg-vorbis is 'n kompressieformaat wat baie min relevante klankinligting verlore laat gaan. Soos met MP3 gaan daar tog inligting verlore, maar deur gebruik te maak van die fisiologiese en psigologiese eienskappe van die menslike gehoor is dit kwalik hoorbaar.