Spele van die Ie Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Olimpiese Somerspele 1896 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 1896, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 1896), amptelik bekend as die Spele van die Iste Olimpiade, was die eerste moderne Olimpiese Spele. Die Spele is op inisiatief van Baron Pierre de Coubertin gehou en het vanaf 6 tot en met 15 April 1896 in Athene, Griekeland, plaasgevind.[4] Athene is ter herdenking van die antieke Olimpiese Spele gekies.
Die Spele is aan Athene toegewys op 'n kongres wat deur De Coubertin in 1894 georganiseer is. Die Internasionale Olimpiese Komitee is ook tydens hierdie kongres gestig.
Die Spele was die eerste sedert die Romeinse keiser Theodosius I die antieke Spele in 393 verbied het, vanweë die heidense oorsprong daarvan.
Daar het 'n totaal van 241 mansatlete uit 14 lande aan hierdie eerste moderne Olimpiese Spele deelgeneem. Deelname was nog nie vir vroue oop nie, maar in teenstelling met die antieke Olimpiese Spele is hulle as toeskouers toegelaat.
9 Olimpiese sportsoorte in 43 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig.
Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1896 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Panathinaiko-stadion | Atletiek, Gewigoptel, Gimnastiek en Stoei | 80 000 |
Baai van Zea | Swem | Nie gelys nie |
Athens Lawn Tennis Club | Tennis | Nie gelys nie |
Kallithea | Skyfskiet | Nie gelys nie |
Maraton | Atletiek, Maraton, Fietsry | Nie gelys nie |
Neo Phaliron Velodrome | Fietsry | Nie gelys nie |
Zappeion | Skermsport | Nie gelys nie |
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
● | Openingseremonie | ● | Wedstryde | ● | Wedstryde met medaljes | ● | Sluitingseremonie |
April | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | ● | ● | ||||||||
![]() |
● ● ● ● ● | ● ● ● ● ● | ● | ● ● ● ● ● | ||||||
![]() |
● | ● ● ● | ● | ● | ||||||
![]() |
● ● | |||||||||
![]() |
● ● ● ● ● ● | ● ● | ||||||||
![]() |
● ● | ● | ||||||||
![]() |
● | ● | ● | ● ● ● | ● | |||||
![]() |
● | ● | ||||||||
![]() |
● ● ● ● | |||||||||
![]() |
● | ● | ● ● | |||||||
April | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
Neem vir die eerste keer deel
Gasheerstad AtheneHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het.[5] Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top elf lande wat medaljes tydens die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | ![]() |
![]() |
![]() |
Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | ![]() |
14 | 11 | 7 | 2 | 20 |
2 | ![]() |
169 | 10 | 17 | 19 | 46 |
3 | ![]() |
19 | 6 | 5 | 2 | 13 |
4 | ![]() |
13 | 5 | 4 | 2 | 11 |
5 | ![]() |
11 | 2 | 3 | 2 | 7 |
6 | ![]() |
7 | 2 | 1 | 3 | 6 |
7 | ![]() |
3 | 2 | 1 | 2 | 5 |
8 | ![]() |
1 | 2 | 0 | 0 | 2 |
9 | ![]() |
3 | 1 | 2 | 3 | 6 |
10 | ![]() |
3 | 1 | 2 | 0 | 3 |
11 | ![]() |
8 | 1 | 1 | 1 | 3 |
Totaal (11 NOKs) | 241 | 43 | 43 | 36 | 122 |
{{cite book}}
: |author=
has generic name (hulp)![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1896. |
Olimpiese Spele | ![]() |
||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |