Spele van die Ve Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1912 (Sweeds: Olympiska sommarspelen 1912), amptelik bekend as die Spele van die Vde Olimpiade, is tussen 5 Mei en 27 Julie 1908 in Stockholm, Swede, aangebied. Stockholm was die enigste kandidaatstad en is in 1909 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) as gashouer benoem.[4]
Hierdie spele was 'n toonbeeld van effektiwiteit, vir die eerste keer word van 'n omroepstelsel en elektroniese tydmeting gebruik gemaak. Vir die Spele bou die organisasiekomitee die bekende rooi baksteen-stadion met sy middeleeuse aansig, wat twee-en-dertigduisend toeskouers kon akkommodeer. Die swemitems vind in die soutwater swembad van Djurgårdsbrunnsviken, in die stadsentrum van Stockholm plaas. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog twee jaar later.
14 Olimpiese sportsoorte in 102 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 103 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Twaalf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1912 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Barkarby | Moderne vyfkamp (perdry) | Nie gelys nie |
Djurgårdsbrunnsviken | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Roei, Swem, Waterpolo | Nie gelys nie |
Fältrittklubben | Ruitersport (uithouvermoë) | Nie gelys nie |
Kaknäs | Moderne vyfkamp (skiet) | Nie gelys nie |
Liljeholmen | Fietsry, Ruitersport | Nie gelys nie |
Lindarängen | Ruitersport (Veelsydigheidshindernisloop) | Nie gelys nie |
Mälaren | Fietsry | Nie gelys nie |
Nynäshamn | Seilvaart | Nie gelys nie |
Östermalm Atletiekgrond | Ruitersport, Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport), Tennis | Nie gelys nie |
Råsunda-stadion | Sokker, Skyfskiet | Nie gelys nie |
Olimpiese Stadion Stockholm | Atletiek, Ruitersport, Sokker, Gimnastiek, Moderne vyfkamp (hardloop), Toutrek, Stoei | 33 000 |
Tranebergs Idrottsplats | Sokker | Nie gelys nie |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrika neem aan hierdie Spele deel en behaal 'n algehele sewende plek met vier goue en twee silwermedaljes. Rudolph Lewis wen onder andere 'n goue medalje in fietsry en word so die eerste Suid-Afrikaner om 'n goue medalje in die sport te wen.[5] Kenneth McArthur wen die goue medalje in maraton en sy landgenoot Christopher Gitsham wen die silwermedalje.
Suid-Afrika wen die goue medalje in tennisdubbelspel en Charles Lyndhurst Winslow wen goud in die enkelspel terwyl Harry Austin Kitson 'n silwermedalje losslaan.[6]
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 174 | 25 | 19 | 19 | 63 |
2 | Swede (SWE) | 444 | 24 | 24 | 17 | 65 |
3 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 279 | 10 | 15 | 16 | 41 |
4 | Finland (FIN) | 164 | 9 | 8 | 9 | 26 |
5 | Frankryk (FRA) | 112 | 7 | 4 | 3 | 14 |
6 | Duitse Keiserryk (GER) | 187 | 5 | 13 | 7 | 25 |
7 | Suid-Afrika (RSA) | 21 | 4 | 2 | 0 | 6 |
8 | Noorweë (NOR) | 191 | 4 | 1 | 4 | 9 |
9 | Kanada (CAN) | 36 | 3 | 2 | 3 | 8 |
Hongarye (HUN) | 119 | 3 | 2 | 3 | 8 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1912. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |