IIIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1932 (Engels: 1932 Winter Olympics), amptelik bekend as die IIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1932 in die Adirondack-gebergte by Lake Placid in die deelstaat New York in die Verenigde State gehou. Die ander kandidaatstede was: Bear Mountain, Yosemite Valley, Lake Tahoe, Duluth, Minneapolis, Denver (almal in die Verenigde State) en Montreal (Kanada).[2] Die Spele is deur die destydse goewerneur van New York, Franklin D. Roosevelt, geopen, wat nege maande later tot die 32ste President van die Verenigde State verkies is. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Somerspele aangebied, in Los Angeles.
4 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 64 | 6 | 4 | 2 | 12 |
2 | Noorweë (NOR) | 19 | 3 | 4 | 3 | 10 |
3 | Swede (SWE) | 12 | 1 | 2 | 0 | 3 |
4 | Kanada (CAN) | 42 | 1 | 1 | 5 | 7 |
5 | Finland (FIN) | 7 | 1 | 1 | 1 | 3 |
6 | Oostenryk (AUT) | 7 | 1 | 1 | 0 | 2 |
7 | Frankryk (FRA) | 8 | 1 | 0 | 0 | 1 |
8 | Switserland (SUI) | 7 | 0 | 1 | 0 | 1 |
9 | Duitsland (GER) | 20 | 0 | 0 | 2 | 2 |
10 | Hongarye (HUN) | 4 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Totaal (10 NOKs) | 190 | 14 | 14 | 14 | 42 |
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1932. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |