VIIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1956 (Italiaans: VII Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die VIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 26 Januarie en 5 Februarie 1956 in Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied. Die ander kandidaatstede was Colorado Springs en Lake Placid in die Verenigde State asook Montreal in Kanada. Die Olimpiese Somerspele 1956 is in Melbourne, Australië, aangebied.
Die Sowjetunie stuur vir die eerste keer 'n afvaardiging na die Winterspele en maak skoonskip deur die meeste medaljes te verower.
Cortina d'Ampezzo is op 28 April 1949 in Rome deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1956. Ander kandidate was: Colorado Springs, Lake Placid en Montreal.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1956[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Cortina d'Ampezzo | Italië | 31 | ||||
Montreal | Kanada | 7 | ||||
Colorado Springs | Verenigde State | 2 | ||||
Lake Placid | Verenigde State | 1 |
4 Olimpiese sporte in 8 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Januarie 1956 Februarie 1956 |
26 Do |
27 Vr |
28 Sa |
29 So |
30 Ma |
31 Di |
1 Wo |
2 Do |
3 Vr |
4 Sa |
5 So |
Wedstryde |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | ||||||||||
Alpeski | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 6 | |||||
Bobslee | ● | 1 | ● | 1 | 2 | |||||||
Heg-en-steg-ski | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 6 | |||||
Kunsskaats | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 3 | |||||
Langbaanskaats | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | |||||||
Noorse kombinasie | ● | 1 | 1 | |||||||||
Skansspring | 1 | 1 | ||||||||||
Yshokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |
Totaal | 0 | 2 | 3 | 2 | 3 | 3 | 3 | 2 | 2 | 3 | 1 | 24 |
Kumulatief | 0 | 2 | 5 | 7 | 10 | 13 | 16 | 18 | 20 | 23 | 24 | 24 |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top 13 lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS) | 67 | 7 | 3 | 6 | 16 |
2 | Oostenryk (AUT) | 66 | 4 | 3 | 4 | 11 |
3 | Finland (FIN) | 34 | 3 | 3 | 1 | 7 |
4 | Switserland (SUI) | 61 | 3 | 2 | 1 | 6 |
5 | Swede (SWE) | 68 | 2 | 4 | 4 | 10 |
6 | Verenigde State (USA) | 74 | 2 | 3 | 2 | 7 |
7 | Noorweë (NOR) | 51 | 2 | 1 | 1 | 4 |
8 | Italië (ITA) | 79 | 1 | 2 | 0 | 3 |
9 | Duitsland (GER) | 75 | 1 | 0 | 1 | 2 |
10 | Kanada (CAN) | 37 | 0 | 1 | 2 | 3 |
11 | Japan (JPN) | 10 | 0 | 1 | 0 | 1 |
12 | Hongarye (HUN) | 2 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Pole (POL) | 53 | 0 | 0 | 1 | 1 | |
Totaal (13 NOKs) | 677 | 25 | 23 | 24 | 72 |
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1956. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |