XIIIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1980 (Engels: 1980 Winter Olympics), amptelik bekend as die XIIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 13 en 24 Februarie 1980 in die Adirondack-gebergte by Lake Placid in die deelstaat New York in die Verenigde State gehou. Vancouver-Garibaldi in Kanada doen aanvanklik ook aansoek om die Spele te organiseer, maar onttrek hulself voor die stemming.
Die Olimpiese Somerspele 1980 is in Moskou, Sowjetunie, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1980 is tussen 1 en 7 Februarie in Geilo, Noorweë, gehou.
Lake Placid is op 13 Oktober 1974 in Wene deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1980. Die enigste ander kandidaat was Vancouver-Garibaldi, maar het voor die stemming hulself onttrek.[2]
6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top 19 lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS) | 86 | 10 | 6 | 6 | 22 |
2 | Oos-Duitsland (GDR) | 53 | 9 | 7 | 7 | 23 |
3 | Verenigde State (USA) | 101 | 6 | 4 | 2 | 12 |
4 | Oostenryk (AUT) | 43 | 3 | 2 | 2 | 7 |
5 | Swede (SWE) | 61 | 3 | 0 | 1 | 4 |
6 | Liechtenstein (LIE) | 7 | 2 | 2 | 0 | 4 |
7 | Finland (FIN) | 53 | 1 | 5 | 3 | 9 |
8 | Noorweë (NOR) | 63 | 1 | 3 | 6 | 10 |
9 | Nederland (NED) | 29 | 1 | 2 | 1 | 4 |
10 | Switserland (SUI) | 44 | 1 | 1 | 3 | 5 |
11 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 48 | 1 | 0 | 0 | 1 |
12 | Wes-Duitsland (FRG) | 80 | 0 | 2 | 3 | 5 |
13 | Italië (ITA) | 46 | 0 | 2 | 0 | 2 |
14 | Kanada (CAN) | 58 | 0 | 1 | 1 | 2 |
15 | Hongarye (HUN) | 3 | 0 | 1 | 0 | 1 |
Japan (JPN) | 50 | 0 | 1 | 0 | 1 | |
17 | Bulgarye (BUL) | 8 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 41 | 0 | 0 | 1 | 1 | |
Frankryk (FRA) | 22 | 0 | 0 | 1 | 1 | |
Totaal (19 NOKs) | 896 | 38 | 39 | 38 | 115 |
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1980. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |