XXe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 2006 (Italiaans: XX Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die XXste Olimpiese Winterspele, is tussen 10 en 26 Februarie 2006 in Turyn, Italië, aangebied. Ander kandidaatstede was: Sion (Switserland), Helsinki (Finland), Klagenfurt (Oostenryk), Poprad-Tatry (Slowakye) en Zakopane (Pole).
Dit was naas die Olimpiese Winterspele van 1956 in Cortina d'Ampezzo die tweede wat in Italië gehou is. In die Italiaanse hoofstad Rome is ook die Olimpiese Somerspele van 1960 beslis.
Die Spele is in 1999 toegewys aan Turyn, nadat 'n nuwe keurproses gebruik is. Die nuwe keurproses is ingestel nadat dit aan die lig gekom het dat daar moontlik bedrog gepleeg was met die toewysing van die vorige Winterspele aan Salt Lake City.
Die Paralimpiese Winterspele 2006 is tussen 10 en 19 Maart in Turyn gehou.
Turyn is op 19 Junie 1999 in Seoel deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2006. Ander kandidate was: Sion, Helsinki, Klagenfurt, Poprad-Tatry en Zakopane.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2006[2] | ||
---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 |
Turyn | Italië | 53 |
Sion | Switserland | 36 |
Helsinki | Finland | – |
Klagenfurt | Oostenryk | – |
Poprad-Tatry | Slowakye | – |
Zakopane | Pole | – |
7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | UG | Uitstallingsgala | SS | Sluitingseremonie |
Februarie | 10 Vr |
11 Sa |
12 So |
13 Ma |
14 Di |
15 Wo |
16 Do |
17 Vr |
18 Sa |
19 So |
20 Ma |
21 Di |
22 Wo |
23 Do |
24 Vr |
25 Sa |
26 So |
Wedstryde | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||||||
Alpeski | 1 | 1 | 1 | ● | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 10 | |||||||||
Bobslee | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 3 | ||||||||||||
Heg-en-steg-ski | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 12 | |||||||||
Kortbaanskaats | 1 | 1 | 2 | 1 | 3 | 8 | |||||||||||||
Kunsskaats | ● | 1 | ● | 1 | ● | ● | 1 | ● | 1 | UG | 4 | ||||||||
Langbaanskaats | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 12 | ||||||
Noorse kombinasie | 1 | ● | 1 | 1 | 3 | ||||||||||||||
Rodel | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 3 | |||||||||||||
Skansspring | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 3 | |||||||||||||
Skeleton | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||||
Sneeuplankry | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 6 | ||||||||||||
Tweekamp | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 2 | 10 | ||||||||||
Vryski | 1 | 1 | ● | ● | 1 | 1 | 4 | ||||||||||||
Ysbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||||||
Yshokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | ● | ● | 1 | 2 | |||
Totaal | 0 | 4 | 8 | 4 | 6 | 4 | 8 | 3 | 9 | 3 | 5 | 4 | 7 | 5 | 4 | 7 | 3 | 84 | |
Kumulatief | 0 | 4 | 12 | 16 | 22 | 26 | 34 | 37 | 46 | 49 | 54 | 58 | 65 | 70 | 74 | 81 | 84 | ||
Februarie | 10 Vr |
11 Sa |
12 So |
13 Ma |
14 Di |
15 Wo |
16 Do |
17 Vr |
18 Sa |
19 So |
20 Ma |
21 Di |
22 Wo |
23 Do |
24 Vr |
25 Sa |
26 So |
Wedstryde |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrika het aan hierdie Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Duitsland (GER) | 164 | 11 | 12 | 6 | 29 |
2 | Verenigde State (USA) | 211 | 9 | 9 | 7 | 25 |
3 | Oostenryk (AUT) | 85 | 9 | 7 | 7 | 23 |
4 | Rusland (RUS) | 178 | 8 | 6 | 8 | 22 |
5 | Kanada (CAN) | 196 | 7 | 10 | 7 | 24 |
6 | Swede (SWE) | 112 | 7 | 2 | 5 | 14 |
7 | Suid-Korea (KOR) | 40 | 6 | 3 | 2 | 11 |
8 | Switserland (SUI) | 143 | 5 | 4 | 5 | 14 |
9 | Italië (ITA) | 184 | 5 | 0 | 6 | 11 |
10 | Frankryk (FRA) | 89 | 3 | 2 | 4 | 9 |
Nederland (NED) | 35 | 3 | 2 | 4 | 9 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 2006. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |