Omar Henry | |||||
---|---|---|---|---|---|
Gebore | 23 Januarie 1952 Stellenbosch, Suid-Afrika | ||||
Kolfstyl | Linkshandig | ||||
Boulstyl | Stadige linkerarm – ortodoks | ||||
Rol | Bouler | ||||
Internasionale geskiedenis | |||||
Nasionale span | Suid-Afrika | ||||
Toetsdebuut (no 248) | 13 November 1992 v Indië | ||||
Laaste Toets | 2 Januarie 1993 v Indië | ||||
EDI debuut (no 19) | 2 Maart 1992 v Sri Lanka | ||||
Laaste EDI | 11 April 1992 v Wes-Indië | ||||
Loopbaanstatistiek | |||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | |
Wedstryde | 3 | 3 | 131 | 153 | |
Lopies aangeteken | 53 | 20 | 4,566 | 2282 | |
Kolfgemiddeld | 17.66 | 10.00 | 27.34 | 12.21 | |
100s/50s | 0/0 | 0/0 | 0/4 | 0/0 | |
Hoogste telling | 34 | 11 | 125 | 73* | |
Aflewerings geboul | 427 | 149 | 27,060 | 6,680 | |
Paaltjies | 3 | 2 | 443 | 105 | |
Boulgemiddeld | 63.00 | 62.50 | 25.17 | 39.67 | |
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 0 | 22 | 0 | |
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | n.v.t. | 3 | - | |
Beste boulontleding | 2/56 | 1/31 | 7/22 | 3/9 | |
Vangskote/Stonkings | 2/- | 1/- | 129/- | 56/- | |
Bron: Cricinfo, 23 Januarie 2014 |
Omar Henry (gebore op 23 Januarie 1952 in Stellenbosch) is 'n voormalige krieketspeler wat in drie toetse en drie Internasionale eendagwedstryde vir Suid-Afrika uitgedraf het. Hy word as die eerste nie-blanke speler in die moderne era beskryf (na Charles Llewellyn in 1912). Hy het ook in Skotland gespeel.[1] Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1992 vir Suid-Afrika gespeel. Later dien hy op die Suid-Afrikaanse nasionale keurkomitee, waarvan hy ook vir 'n tyd lank die voorsitter was.