Onafhanklike Demokrate | |
ID | |
Leier | Patricia de Lille |
---|---|
Slagspreuk | Be a Part of the Solution |
Gestig | 21 Junie 2013 |
Ontbind | 2014 |
Hoofkwartier | Kaapstad, Wes-Kaap |
Jeugvleuel | Young Independent Democrats |
Ideologie | Sosiale demokrasie, Liberalisme |
Amptelike kleure | Oranjerooi |
Webblad | id.org.za |
Die Onafhanklike Demokrate was 'n politieke party in Suid-Afrika. Dit het verteenwoordiging in die Parlement van Suid-Afrika gekry toe die stigter, Patricia de Lille, oorgeloop het deur verteenwoordigingstemme van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) te gebruik.
Die party het veral ondersteuning in die Wes-Kaap onder sogenaamde bruin kiesers waar dit talle stadsrade in ooreenkomste met die (Demokratiese Alliansie) DA regeer het, geniet. Dit het die plaaslike owerhede Saldanhabaai, Bergrivier, Kaapstad en die Weskus-distriksmunisipaliteit ingesluit.
Op 15 Augustus 2010 is aangekondig, dat dié party met die groter Demokratiese Alliansie sou saamsmelt om die regering van die African National Congress (ANC) uit te daag.[1] Die party is in 2014 as 'n afsonderlike politieke organisasie ontbind.
Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2009 | 162 915 | 0,92 | 4 |
2004 | 269 765 | 1,70 | 7 |