Ongwediva Die Vallei van die Luiperd | |
---|---|
Dorpie | |
Leuse(s): Vryheid & Harde Werk | |
Koördinate: 17°47′S 15°46′O / 17.783°S 15.767°O | |
Land | Namibië |
Streek | Osjana |
Stigting | 1992 |
Regering | |
• Burgemeester | Tarah Shalyefu |
Bevolking | |
• Totaal | 27,784 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Ongwediva is 'n dorp in die Osjana-streek in die noorde van Namibië. Dit is die streekshoofstad van die Ongwediva Kiesafdeling. In 2023 was daar 28,000 inwoners oor 'n gebied van 4,102 hektaar. Ongwediva het sewe kerke, twee privaatskole en 13 staatskole. Die meeste inwoners praat Oshiwambo.[3]
Ongwediwa het begin as 'n Finse sendingstasie in 1926. 'n Skool vir manlike studente is daar gebou, wat gefokus het op praktiese vaardighede. Dit is as 'n landbou- en industriële skool beskou, maar die landbou gedeelte het vinnig vervaag. Die skool het in Februarie 1927 geopen, en dit was 'n sekondêre skool, wat studente kon bywoon na voltooiing van primêre skool. Teen die einde van die 1920s, het die skool subsidies begin ontvang van die Suid-Afrikaanse regering, al was dit 'n geringe £100 per jaar.[4]
Die manlike onderwysersopleidingskool is verskuif van Oniipa na Ongwediva teen die einde van 1954. Dit bestaan vandag nog as deel van die Fakulteit van Onderwys van die Universiteit van Namibië.
Die burgerlike nedersetting van Ongwediva is gestig in die 1960s terwyl Namibië onder Suid-Afrikaanse besetting was, in die area van hoofman Nandjebo Mengela. Die doel was om te dien as 'n residensiële area vir mense wat in diens was van die besighede en regering in Oshakati en Ondangwa.[5]
Ongwediva bied 'n jaarlikse handelskou aan, die Ongwediva Annual Trade Fair (OATF) sedert 2000, na afloop van een aanvanklike handelskou, die Northern Namibia Trade Fair, is in 1995 gehou.[6] Oorkant die oop mark, is daar 'n inkopiesentrum (Maroela Mall, Mandume Ndemufayostraat).
Ongwediva is 'n stedelike area wat baie vinnige groei ervaar. Daar was minder as 11,000 inwoners in 2001.[7]
Ongwediva is die tweede grootste vermaaklikheidsdorp in Namibië net na die hoofstad Windhoek. Ongwediva is 'n vinnig-groeiende dorp in terme van ontwikkeling en stand as die tweede mees leefbare dorp in Namibië.[8] Dit huisves ook een van die min privaat hospitale in Namibië.[9]
Ongwediva word bestuur deur 'n stadsraad met sewe setels.[10]
Oshana Region, aan wie Ongwediva behoort, is 'n vesting van Namibië se beherende SWAPO party. In die Namibiese plaaslike en streeksverkiesings in 2015 het SWAPO met 'n oorgrote meerderheid (2,264 stemme) gewen en al sewe setels bekom. Die Rally for Democracy and Progress (RDP) het ook gestaan, maar het slegs 166 stemme verkry.[11] SWAPO het ook die 2020 Namibiese plaaslike en streeksverkiesings gewen. Hulle het 1,681 stemme en en vier setels bekom. Die Independent Patriots for Change (IPC), 'n opposisieparty wat in August 2020 gevorm is, het 952 stemme en drie setels bekom.[12]
Daar is tans slegs twee hoërskole in Ongwediva, Mweshipandeka High School en Gabriel Taapopi SSS. Daar is ook vyf primêre skole. Die nuut gestigte Faculty of Engineering and Information Technology van die Universiteit van Namibië. is gebaseer in Ongwediva, en het hul eerste amptelike akademiese jaar in 2009 begin.[15] Die José Eduardo dos Santos-kampus is by verre die grootste fisiese ontwikkeling in Ongwediva. Die kampus is reeds deur die Namibiese media beskryf as 'n Star in the North.[16] Daar was ook 'n onderwyskollege. Die Universiteit van Namibië (Unam) Ongwediva-kampus is vernoem na President Hifikepunye Pohamba. Die kampus was formeel bekend as Ongwediva College of Education (OCE), en het ook bekend geraak as die Unam Ongwediva-kampus toe alle onderwyskolleges met Unam saamgesmelt het in 2010.[17]