Oor

'n Menslike oor

'n Oor is 'n orgaan wat deur 'n dier gebruik word om klankgolwe te registreer. Die woord kan verwys na die hele sisteem wat ter sprake is by om die klank op te vang, en by die vroeë verwerking van die klank. Dit kan ook verwys na die uitwendige sigbare gedeelte. Nie alle diere se ore is in dieselfde gedeelte van die liggaam nie.

Dele van die oor

[wysig | wysig bron]

Oorskulp

[wysig | wysig bron]

Die oorskulp bestaan hoofsaaklik uit kraakbeen wat met 'n dun en buigsame lagie vel bedek is. By die mens is die oorskulp nie baie belangrik nie en dit dra min by tot doeltreffende hoorvermoë.

Oorlel

[wysig | wysig bron]

Die buitenste gehoorgang is sowat 2 cm lank. Growwe hare groei dikwels daarin en kliere in sy wande skei 'n wasagtige stof af wat uitdroog en soms deur die bewegings van die kop losgeskud word.

Trommelvlies

[wysig | wysig bron]

Die trommelvlies of oortrom is oor die binneste end van die buitenste gehoorgang gespan. In 'n gesonde oor is dit so dun dat dit amper deurskynend is.

Gehoorbeentjies

[wysig | wysig bron]

Die gehoorbeentjies word die hamer, die aambeeld en die stiebeuel genoem omdat hulle na hierdie voorwerpe lyk. Die hamer is aan die trommelvlies verbind is, en die voetstuk van die stiebeuel pas oor 'n opening wat die ovale venster genoem word. Die aambeeld verbind die boonste gedeeltes van hierdie twee beentjies. As ‘n geluid die oor bereik, tril die trommelvlies en die beweging word deur die beentjies op die ovale venster oorgedra. Dit is interessant dat die beentjies so gerangskik is dat klein bewegings van die oortrom baie groter bewegings by die venster veroorsaak.

Buis van Eustachius/oortrompet

[wysig | wysig bron]

Die buis van Eustachius of oortrompet verbind die holte van die middeloor met die van die neuskeelholte. Hierdie buisie laat toe dat lug by die middeloor kan in- en uitvloei om die druk daar dieselfde as die van die atmosfeer buite te hou. As die druk aan weerskante van die trommelvlies nie dieselfde is nie, kan dit nie behoorlik werk nie. Dit is die Eustachiese buis wat toegaan as ons voel dat ons ore toeslaan, en daarom help dit om te sluk of te nies sodat die buis weer kan oopgaan.

Ovale venster

[wysig | wysig bron]

Die ovale venster is in die beenopening tussen die middeloor en die inwendige oor. Dit word heeltemal deur die voetstuk van die stiebeuel en die klein ligamente daaromheen toegemaak.

Blasie

[wysig | wysig bron]

Die blasie (utriculus) en kleinere sakkie (sacculus) vorm die middelste gedeelte van die opvangselle van die middeloor. Hulle lê in die gedeelte van die benige labirint wat die voorhof genoem word. Binne hierdie twee organe is veselriffels wat van stand verander wanneer die kop gekantel word. Senuweeprikkels hou die brein op hoogte van die posisie van die kop.

Booggange

[wysig | wysig bron]

Die booggange lê agter die benige labirint. Elkeen van die drie halfsirkelvormige kanale vorm sy eie tonneltjie in die been. Die booggange is met 'n vloeistof gevul wat endolimf genoem word. Wanneer die kop beweeg, bly die vloeistof in minstens een van die kanaaltjies effens agter en die druk wat hierdeur veroorsaak word, veroorsaak dat senuweeboodskappe aan die brein gestuur word. Van hierdie boodskappe kan die brein vasstel in watter rigting en hoe vinnig die kop beweeg.

Slakhuis/cochlea

[wysig | wysig bron]

Die slakhuis of cochlea word so genoem omdat dit baie na die dop van 'n slak lyk (cochlea is Latyns vir slak). Sy breë kant raak aan die ovale venster. Beweeg die basis van die stiebeuel nou heen en weer, veroorsaak dit dat die endolimf in die slakhuis ook beweeg. Dit laat van die klein haartjies in die slakhuis beweeg. Van die wortels van hierdie haartjies gaan senuwee-impulse langs die gehoorsenuwee na die brein wat op sy beurt die sterkte en die toonhoogte van die klank ontleed.

Die soogdieroor

[wysig | wysig bron]
Anatomie van die menslike oor.

Die soogdier, insluitende die mens, het twee ore, een aan elke kant van die kop.

  • Die buitenste oor sluit die sigbare deel van die oor in, die uitwendige oorkanaal en die oortrom. Die oorskulp vang die klank op en gelei dit deur die uitwendige oorkanaal na die oordrom. Dié vibreer en verplaas die klank deur middel van die vibrasie na die gehoorbeentjies in die middeloor.
  • Die middeloor bevat die drie gehoorbeentjies – hierdie getal is 'n onderskeidende kenmerk tussen soog- en ander diere – twee spiersenings (vir die stapedius en tensor tympani spiere), en twee senuweebondels (die horisontale gedeelte van die gesigsenuwee, asook 'n takkie van die gesigsenuwee, genaamd die chorda tympani). Die buis van Eustachius verbind die middeloor met die farinks en het ten doel om drukverskille tussen die twee anatomiese areas uit die weg te ruim. (Dit is hoekom 'n mens jou ore kan voel klap as 'n vliegtuig vinnig opstyg of neerdaal).
  • Die binne-oor bestaan uit die gehoorsorgaan (die koglea) en die labirint , ook genoem die vestibulêre apparaat, wat die balansorgaan is. Dié het drie semisirkulêre kanale en die vestibule. Binne-in die koglea lê drie ander kanale: die timpaniese kanaal, die vestibulêre kanaal, en die middelkanaal. As klank die koglea tref, beweeg die vloeistof daarbinne. Dié beweging stimuleer Corti se orgaan, wat binne-in die middelkanaal lê, wat dan die klank ontleed en die inligting daaroor deur middel van die gehoorsenuwee na die brein toe stuur.

Nie-soogdierore

[wysig | wysig bron]
  • Spinnekoppe het sintuiglike hare op hul pote, wat vir gehoor gebruik word.
  • Reptiele se ore het net een gehoorsbeen — die kolumella (soortgelyk aan die stapes van die soogdieroor).

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Vertaal vanaf die artikel Ear op die Engelse Wikipedia.