Oorstromings kom voor wanneer water hoër as die normale vlak styg en oorvloei op grond wat nie gewoonlik onder water is nie. Die water kan afkomstig wees van strome en riviere of, langs kuslyne, van die see. Daar is baie verskillende redes waarom riviere hul walle oorstroom. Die algemeenste oorsaak van oorstroming is swaar reën, sowel as smeltende ys en sneeu van bergagtige streke. In kusstreke kan massiewe storms soos orkane reusagtige golwe veroorsaak. Ander oorsake sluit in: grondstortings, dambreuke, aardbewings en vulkaniese aktiwiteit. 'n Kombinasie van probleme kan ook oorstromings veroorsaak. Kitsvloede is besonder gevaarlik.Dit kan ook baie gevaarlik raak vir kinders en ouer menses
Tydens oorstroming moet mense en diere so spoedig moontlik na hoërliggende grond geskuif word. Hierdie proses waar huise verlaat word op soek na veiliger plekke staan as ontruiming bekend. Hoewel daar tydens oorstromings orals water is, is dit meestal besoedel en kan dit nie gedrink word nie. Mense kan hulself op vloede voorberei deur vars drinkwater op te gaar en verskansings soos sandsakke te gebruik om die water te stuit of in 'n ander rigting weg te lei.
Verskeie stappe kan geneem word om oorstromings te voorkom of die impak daarvan te verminder:
Oorstromings kan geweldige skade aan infrastruktuur aanrig. Geboue en huise kan ineenstort wat mense koud, honger en dakloos laat. Brûe en paaie kan weggespoel wat die gebied ontoeganklik maak (selfs vir reddingswerkers). Toevoer van elektrisiteit kan onderbreek word wat baie moderne geriewe en implemente nutteloos laat. Pypstelsels, soos riool en kraanwater kan ook vernietig word.
Naas die infrastruktuur kan die omgewing beskadig word. Boere kan hulle oeste en lewende hawe verloor. Die ryk vrugbare bogrond kan van landerye wegspoel wat toekomstige oeste nadelig beïnvloed en jare neem om weer te herstel.
Op ekonomiese gebied kan besighede tot stilstand geruk word en maatskappye kan geweldige finansiële verliese ly.
Met lewensverlies kan die lyke van mense en diere oral rondgelê, wat 'n gesondheidsrisiko inhou. Water kan ook hierdeur besoedel word.
Die eerste gedokumenteerde oorstroming kan in die Bybel in Genesis 6:5-8 gevind word. Hier word Noag deur God beveel om 'n ark te bou waarin hy, saam met verteenwoordigers van elke diersoort moes leef gedurende die tyd wat die wêreld deur 'n vloed vernietig is.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Floods. |