Oos-Asië
Oppervlak | 11 839 074 km² |
---|---|
Bevolking | 1 641 908 531 (2016) |
Lande | 6 (5 erkende, 1 omstrede; 2 afhanklike gebiede) |
Tale | Chinees, Japannees, Koreaans, Mongools, Tibettaans en baie ander |
Tydsones | UTC+07:00 (Wes-Mongolië) tot UTC+09:00 (Japan en Korea) |
Belangrike stede | Beijing Hongkong Osaka Seoel Sjanghai Taipei Tokio Hanoi Ulaanbaatar |
Oos-Asië is 'n geografiese subgebied in die ooste van Asië wat op verskillende maniere gedefinieer kan word en wat met die verander het.[1] Dit wissel van 'n eng-definisie wat net die lande in Asië insluit wat deur die subtropiese monsoon en die historiese Chinese beskawing beïnvloed is[2] tot 'n baie breër polities-ekonomiese definisie. Oos-Asië en Oostelike Asië word soms as 'n alternatief vir die tradisionele term, die Verre-Ooste, gebruik.
Die volgende politieke entiteite word konsekwent as deel van Oos-Asië gesien:[3][2]
Verder word die volgende gebiede ook baie keer in die definisie ingesluit:[3]
Breër definisies sluit in Mianmar, Broenei, Kambodja, Oos-Timor, Indonesië, Laos, Maleisië, Filippyne, Singapoer, Thailand en Viëtnam.[4][5][6] Die East Asia Summit sluit die 10 lande van die ASEAN, plus China, Korea en Japan in.[7]
Selfs in die eng definisie van Oos-Asië dek die gebied ongeveer 12 000 000 km², of omtrent 28% van die Asiatiese vasteland en is dit omtrent 15% groter as Europa. Meer as 1,5 miljard mense, of omtrent 40% van die bevolking van Asië, of 'n kwart van al die mense in die wêreld leef in die geografiese Oos-Asië, wat omtrent twee keer Europa se bevolking is. Die gebied is een van die digsbevolkste gebiede ter wêreld; teen 130 per km², is dit ongeveer drie keer die wêreldgemiddelde.
Kultureel omvat dit die samelewings wat lank deel was van die Chinese kulturele sfeer:
East A·sia [ st áyə ] the countries, territories, and regions of China, Hong Kong, Japan, North Korea, South Korea, Macau, Mongolia, parts of Russia, and Taiwan.
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |