Orohena | |
---|---|
Ligging | Tahiti, Frans-Polinesië |
Hoogte | 2 241 meter bo seevlak |
Prominensie | 2 241 |
Koördinate | 17°49′21.96″S 149°12′55.27″W / 17.8227667°S 149.2153528°W |
Bergtipe | Vulkaan |
Laaste uitbarsting | Onbekend |
Orohena is ’n berg op Tahiti Nui, die grootste deel van Tahiti in Frans-Polinesië in die suidelike Stille Oseaan. Op ’n hoogte van 2 241 m[1][2] bo die seevlak is dit die hoogte punt van Frans-Polinesië.
Orohena is een van drie berge wat Tahiti vermoedelik gevorm het.[3] Die ander twee is Aorai (2 066 m) en Roonui (1 332 m).