Die Oscar-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Russiese Vloot wat kruisermissiele kan dra. Hulle was massiewe duikbote van oor die 14 000 ton en kan tot 304 m diep duik. Die bekendste duikboot in die klas is die Koersk wat op 12 Augustus 2000 gesink het na 'n ontploffing aan boord waarin 118 persone sterf. Die klas is ontwikkel om NAVO se groepe aan te val in oorlogstye en was die middelpunt van die Sowjetunie se planne vir ongeveer 25 jaar.
Hulle is toegerus met sterk en stabiele lug-tot-lug missiele; daar is 24 missiele aan boord in twee rye van twaalf elk. Die twee rye lê met 'n hoek van 40 grade van mekaar buite die 8,53 m drukromp. Die uitleg het tot gevolg dat daar 'n spasie van 3,5 m tussen die buite- en binnerompe is wat dié duikboot se breedte vergroot na 'n ongehoorde 18,19 m. Die positiewe gevolg van die ontwerp is dat die duikboot matige oorlogskade kan weerstaan.
Daar is ook ander ontwerpnuutjies vir die duikboot, die toring is gerond bo sodat dit maklik deur die ys kan breek met die twee periskope, radiosekstant en radarmaste wat kan terugtrek in die toring in. Dit beskik ook oor 'n drywende antennaboei wat gebruik word terwyl die duikboot diep onder die water is, sodoende kon radiokommunikasie, teikeninligting en satellietkommunikasie gehandhaaf word. Die duikboot het langer as normaalweg geneem om te duik, en was moeilik om te stuur op die oppervlak, maar kon tot 30 knope bereik.
Dit is bewapen met 24 SS-N-19 Granat (NAVO kodenaam Shipwreck) missiele wat 'n reikafstand van 550 km gehad het en kon 'n kernplofkop van 1 000 kg dra. Onder die START ooreenkoms was die kernplofkoppe met plofstof vervang. Die missielbuise het in pare gewerk met een luik wat twee missiele bedek het. Die torpedobuise kan beide torpedo's en kortstrek teen-skipmissiele vuur. Dit kon dus 24 verskillende wapens dra insluitende die Tipe 40 torpedo.
Dit was 'n Tipe 65 toetstorpedo (650 mm) aangedryf deur waterstofperoksied wat die oorsaak was van die ongeluk aanboord die Koersk. Die ontploffing is skynbaar veroorsaak deur hoogsvlambare peroksied wat in aanraking met paraffien en metaal gekom het.
# | Naam | Projek | Kiel gelê | Te water gelaat | In diens gestel | Vloot | Status |
---|---|---|---|---|---|---|---|
K-525 | Arkhangelsk
(ex-Minskiy Komsomolets) |
949 | 25 Julie 1975 | 3 Mei 1980 | 30 Desember 1980 | Noordelike Vloot | Uit diens gestel in 1996,[1] opgebreek in 2004[2] |
K-206 | Murmansk | 949 | 22 April 1979 | 10 Desember 1982 | 30 November 1983 | Noordelike Vloot | Uit diens gestel in 1996,[1] opgebreek in 2004[2] |
K-148 | Krasnodar | 949A | 22 Julie 1982 | 3 Maart 1985 | 30 September 1986 | Noordelike Vloot | Uit diens gestel, begin opbreek in laat 2012[3] |
K-173 | Krasnoyarsk | 949A | 4 Augustus 1983 | 27 Maart 1986 | 31 Desember 1986 | Stille Oseaan Vloot | Onaktief, aan die brand geslaan tydens opbreekfase[4] |
K-132 | Irkutsk | 949A | 8 Mei 1985 | 27 Desember 1987 | 30 Desember 1988 | Stille Oseaan Vloot | Word tans opgradeer na 'n tipe 949AM te Zvezda skeepswerf[5][6][7] |
K-119 | Voronezh | 949A | 25 Februarie 1986 | 16 Desember 1988 | 29 Desember 1989 | Noordelike Vloot | Aktief na opgradering voltooi in November 2011[8] |
K-410 | Smolensk | 949A | 9 Desember 1986 | 20 Januarie 1990 | 22 Desember 1990 | Noordelike Vloot | Aktief na opgradering voltooi in Desember 2013[9][10] |
K-442 | Chelyabinsk | 949A | 21 Mei 1987 | 18 Junie 1990 | 28 Desember 1990 | Stille Oseaan Vloot | Word tans opgradeer na tipe 949AM te Zvezda skeepswerf. [6][7] |
K-456 | Tver
(ex-Vilyuchinsk) |
949A | 9 Februarie 1988 | 28 Junie 1991 | 18 Augustus 1992 | Stille Oseaan-vloot | Aktief |
K-266 | Orel
(ex-Severodvinsk) |
949A | 19 Januarie 1989 | 22 Mei 1992 | 30 Desember 1992 | Noordelike Vloot | Aktief na opgradering voltooi is in April 2017[11][12] |
K-186 | Omsk | 949A | 13 Julie 1989 | 10 Mei 1993 | 15 Desember 1993 | Stille Oseean-vloot | Aktief na opgradering voltooi is in 2008[13][14][15] |
K-150 | Tomsk | 949A | 27 Augustus 1991 | 20 Julie 1996 | 30 Desember 1996 | Stille Oseaan Vloot | Aktief na opgradering voltooi is in 2014[16][17] |
K-141 | Koersk | 949A | 22 Maart 1992 | 16 Mei 1994 | 30 Desember 1994 | Noordelike Vloot | Koersk verloor op 12 Augustus 2000 na ontploffing |
K-329 | Belgorod | 09852 | 24 Julie 1992 | 23 April 2019[18][19] | 2020 | Nadat dit kon dryf, omgeskakel vir spesiale operasies.[20] | |
K-135 | Volgograd | 949A | 2 September 1993 | Onvoltooid, onderdele gebruik vir konstruksie van nuwer duikbote[21] Konstruksie mag voltooi word[22] | |||
K-165 | Barnaul | 949A | April 1994 | Onvoltooid, onderdele gebruik vir konstruksie van nuwer duikbote[21] Konstruksie mag voltooi word[22] |
Item | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 13 680 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 18 010 metrieke ton |
Lengte | 153.9 m |
Breedte | 18.19 m |
Aandrywing | 2 x vM-5 190mW druk-water kernreaktors 2 x stoomturbines van 67 113 kW |
Spoed (oppervlak) | 15,0 knope |
Spoed (onderwater) | 28,0 knope |
Bemanning | 107 persone |
Wapens | 6 x torpedobuise vir Tipe 45 torpedo's 24 lanseerbuise vir P-700 Granit kruismissiele[23] |
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link)