Ossetiërs | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 650 000 |
Belangrike bevolkings in: | Rusland 528 515[1]
Suid-Ossetië 45 000[3] |
Taal: | Osseties, Russies, Georgies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk Minderhede van Ossetiese tradisionele godsdiens en Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Pasjtoene, Perse en Tadjiks |
Die Ossetiërs of Ossete (Osseties: ир, ирӕттӕ, ir, irættæ; дигорӕ, дигорӕнттӕ, digoræ, digorænttæ) is 'n Irannese etniese groep inheems aan Ossetië in die Kaukasus-streek.[10][11][12] Hulle praat Osseties, 'n Irannese taal, as moedertaal en Russies of Georgies as tweede taal.
Die meeste Ossetiërs leef in Noord-Ossetië-Alanië, 'n republiek binne die Russiese Federasie, gevolg deur Suid-Ossetië, 'n omstrede gebiede wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort, en Turkye.
In teenstelling met die ander Irannese volke wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Ossetiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk, gevolg deur die Ossetiese tradisionele godsdiens en Moslems.