Othonna | |
---|---|
![]() | |
Othonna capensis | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Supertribus: | Senecionodae |
Tribus: | Senecioneae |
Genus: | Othonna L. (1753) |
Tipespesie | |
Othonna coronopifolia[1] L.
| |
Sinonieme[2] | |
|
Othonna is 'n genus van 87 spesies[3] van vetplante of sub-vetplante meerjarige kruie of struike, met sy middelpunt van diversiteit in die Groter-Kaapse Blommestreek van Suid-Afrika maar sommige spesies se verspreiding sluit suider Namibië, Angola, en Zimbabwe in.[4] Die genus was gestig deur Linnaeus in 1753 met 14 spesies, alhowel, van daardie oorspronkliike spesies, is daar vandag net vier van hulle nog in die Othonna genus, en die ander is geskuif na ander genera[5] insluitend Cineraria, Euryops, Hertia, Ligularia, Senecio, en Tephroseris.[5] Die genus Othonnna is bekend as monofileties.[6] In 2012, is 'n nuwe genus Crassothonna B. Nord. gestig met 13 spesies vanaf Othonna.[7]'n Volledige moderne taksonomiese behandeling van die genus word deur die Compton Herbarium en die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut. Die eerste deel, 'n hersiening van die Othonnna bulbosa-groep (daardie spesies wat geofities met 'n lugstam is), is in 2019 gepubliseer.[5]
Die naam Othonna is afgelei van die Antieke Grieks ὄθοννα en die Latyn othone, wat 'n linnedoek of servet is, in sinspeling op die donserige bedekking van sommige van die vroeër bekende spesies.[8][9]
Verskeie spesies in Othonna en Crassothonna word algemeen bobbejaankool genoem.[10][11]
Daar is tans 86 spesies:[12]