Otjozondjoepa | |
---|---|
Hoofstad: | Otjiwarongo |
Grootste stad: | Otjiwarongo |
Webwerf: | www.arc.org.na Geargiveer 22 Julie 2011 op Wayback Machine |
Otjozondjoepa is een van die 14 streke van Namibië. Otjozondjoepa se setel en grootste dorp is Otjiwarongo.
In die ooste grens Otjozondjoepa aan Botswana, in die suide aan Khomas en Omaheke, in die weste aan Erongo, en in die noorde aan Kunene, Osjikoto, Kawango-Wes en Kawango-Oos.
Otjozondjupa grens aan meer streke as enige ander streek in Namibië.
Die goewerneur van Otjozondjupa is James Uerikua.[1]
Volgens die 2010 Namibiese Arbeidsmag-opname is werkloosheid in die streek 25.3%.[2] Otjozondjupa het 72 skole met 36 284 leerlinge.[3]