Otto Lilienthal | |
---|---|
Lilienthal, ongeveer 1895 | |
Gebore | Karl Wilhelm Otto Lilienthal 23 Mei 1848 Alkam, Pruise |
Sterf | 10 Augustus 1896 (op 48) |
Nasionaliteit | Duitse Ryk |
Beroep | Ingenieur en lugvaartpionier |
Bekend vir | Suksesvolle sweefeksperimente |
Handtekening | |
Karl Wilhelm Otto Lilienthal (Aklam, 23 Mei 1848 – Berlyn, 10 Augustus 1896) was 'n Duitse uitvinder en ontwerper van baie sweeftuie. Hy word beskou as een van die pioniers van die vliegtuig.
Na sy opleiding aan 'n tegniese skool in Potsdam het hy in 1867 met sy eksperimente begin.
In 1891 het hy sy eerste sweefvlug van meer as 25 meter gemaak. In 1893 het hy reeds sweefvlugte van 250 meter gemaak en in 1896 het hy sy eerste vlug met 'n tweedekker gemaak. In Lichterfelde (Berlyn), sy destydse woning, het hy 'n 15 meter hoë kunsmatige heuwel (Fliegeberg) laat bou waar hy 'n sweeftuigloods gebou het. Van hier af het hy talle proef- en toetsvlugte gemaak, wat hierdie heuwel in Berlyn vinnig 'n landmerk gemaak het. Vandag het hierdie gebied die Otto Lilienthal-park geword en op die top van daardie heuwel is die gedenkmonument vir Lilienthal.
Nadat hy 2000 sweeftugvlugte gemaak het, is hy ernstig beseer in 'n mislukte sweefvlug in 1896 en is die volgende dag dood. Op sy sterfbed sou Lilienthal die onvergeetlike woorde sê: " Opfer müssen gebracht werden!“(Opofferings moet gemaak word!”). Dit blyk egter dat hy hierdie woorde vroeër in sy lewe gebruik het om na iets anders te verwys.
Die Wright-broers het sy kennis van vlieg benut en ook verskeie vlugte in sy sweeftuie gemaak. Die broers het ook self sweeftuie gebou en toe dit bevredigend was, het hulle besluit om 'n enjin in 'n effens groter tipe te plaas. Met hierdie vliegtuig, die Wright Flyer, het hulle geskiedenis gemaak deur die eerste suksesvolle gemotoriseerdevlug op 17 Desember 1903 uit te voer.
As gevolg van verskeie sketse en studies oor voëlvlug het hy die boek Der Vogelflug als Grundlage der Fliegerkunst (Die voëlvlug as basis vir die kuns van vlieg) geskryf.
Alhoewel hierdie boek as sy mees gevestigde werk beskou word, het Lilienthal voor, tydens en na (van 1876 tot 1896) sy beroemde eksperimente talle essays en lesings geskryf en dit hoofsaaklik in tydskrifte gepubliseer. 'n Keur van sy publikasies: