Oud-Hebreeuse alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad | |||
Tyd gebruik | 10de eeu v.C. - 135 n.C. | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Bybelse Hebreeus | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Egiptiese hiërogliewe
| |||
Susterstelsels | ||||
ISO 15924 | 115 | |||
Unicode | Phoenician, U+10900–U+1091F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Oud-Hebreeuse alfabet (Hebreeus: הכתב העברי הקדום, Jiddisj: כתב עברי) is ’n abjad wat afgelei is van die Fenisiese alfabet. Dit is van die 10de eeu v.C. of nog vroeër gebruik vir veral Hebreeus deur die Israeliete, beide die Jode en Samaritane.
In die 5de eeu v.C. het die Jode dit ophou gebruik ten gunste van die moderne Hebreeuse alfabet wat van die Aramese alfabet afgelei is. Die Samaritane, wat tans minder as duisend tel, het ’n vorm van die Oud-Hebreeuse alfabet, die Samaritaanse alfabet, bly gebruik.
Hebreeus | Oud-Hebreeus | Naam |
---|---|---|
א | Alef | |
ב | Bet | |
ג | Giemel | |
ד | Dalet | |
ה | Hee | |
ו | Waw | |
ז | Zajien | |
ח | Chet | |
ט | Tet | |
י | Jod | |
כ/ך | Kaf | |
ל | Lamed | |
מ/ם | Mem | |
נ/ן | Noen | |
ס | Samech | |
ע | Ajien | |
פ/ף | Pee | |
צ/ץ | Tsaddie | |
ק | Koef | |
ר | Reesj | |
ש | Sjien | |
ת | Taw |
Die Oud-Hebreeuse alfabet is saam met die Fenisiese alfabet gevoeg by die Unicode-standaard in Julie 2006, met die uitreiking van weergawe 5.0. Die Unicode-blok daarvoor, onder die naam Phoenician, is U+10900–U+1091F. Dit stel letters voor in onder meer Oud-Hebreeus, Fenisies, Vroeë Aramees, Ammonities, Moabities en Punies.