Overpelt Pelt | |
---|---|
Voormalige munisipaliteit | |
![]() Die Wedelse Meul | |
![]() Ligging van die voormalige munisipaliteit Overpelt in die provinsie Limburg | |
Koördinate: 51°13′00″N 5°26′00″O / 51.21667°N 5.43333°O | |
Land | ![]() |
Gewes (deelstaat) | ![]() |
Provinsie | ![]() |
Munisipaliteit | Pelt |
Oppervlak | |
• Totaal | 40,85 km2 (15,77 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 14 225 |
• Digtheid | 348/km2 (900/vk. myl) |
Poskode | 3900 |
Skakelkodes | 011 |
Overpelt (Limburgs: Pelt) is 'n Belgiese dorp en voormalige munisipaliteit in die noordweste van die Vlaamse provinsie Limburg. Die voormalige munisipale gebied het 'n oppervlakte van 41 km² en sowat 14 000 inwoners (2011). Sedert 2019 vorm Overpelt en Neerpelt die munisipaliteit Pelt.
Deur die voormalige munisipaliteit vloei die Dommel-rivier, waaraan vier watermeule lê. Die Wedelse Meul is die oudste en dateer wellig uit die 8ste eeu. Daar is ook twee windmeule en 'n meulmuseum.
Plekke in die voormalige munisipale gebied van Overpelt:
Bolakker, Haspershoven, Heesakker, Holheide, Lindelhoeven, Overpelt-centrum (Sint-Martinus-parochie) en Overpelt-Fabriek.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Overpelt. |