Pakoros II 𐭐𐭊𐭅𐭓 | |
---|---|
Koning van konings | |
Tetradragme met Pakoros II wat 'n tiara dra; in 92/93 by Seleukië gemunt. | |
Koning van die Partiese Ryk | |
Heerskappy | 78-110 |
Voorganger | Vologases I Vologases II (mededinger) Artabanus III (mededinger) |
Opvolger | Vologases III Osroes I (mededinger) |
Gebore | 61/62 |
Oorlede | 110 (op 48/49 jaar) |
Dinastie | Arsakiede |
Vader | Vologases I |
Religie | Zoroastrisme |
Pakoros II (Parties: 𐭐𐭊𐭅𐭓, Pakur) was van 78 tot 110 koning van konings van die Partiese Ryk. Hy was die seun en opvolger van Vologases I.
Tydens die laaste deel van Vologases I se bewind het Pakoros saam met hom regeer.[1] Ná Vologases I se dood het Pakoros alleenheerser geword,[1][2] maar hy het gou teenstand van sy broer Vologases II geky wat 'n opstand gelei het tot in 80, met laasgenoemde se neerlaag.[3][4] In 79/80 is Pakoros se heerskappy deur nog 'n teenstander uitgedaag: Artabanus III van Partië, wat hy teen 81 verslaan het.[5] 'n Derde mededinger, Osroes I, het in 109 sy verskyning gemaak.[6] Pakoros is in 110 dood en is deur sy seun Vologases III opgevolg, wat sy pa se stryd teen Osroes I om die Partiese troon voortgesit het.[1]
Nes sy pa, het Pakoros die beleidsrigtings van Artabanus II voortgesit deur die ekonomiese bronne van die Partiese Ryk te vermeerder[2] met die daarstelling van 'n nuwe handelstelsel en die aanknoop van bande met ander magte soos Han-China.
Voorganger ← Vologases I |
Pakoros II | Opvolger Vologases III → |