Pantelleria

Pantelleria

Panorama van Pantelleria
Koördinate:36°47′15″N 11°59′33″E / 36.78750°N 11.99250°O / 36.78750; 11.99250
Ligging:Straat van Sisilië
Soort:Eiland
Oppervlakte:84.53 km²

Pantelleria is 'n Italiaanse eiland wat in die Straat van Sisilië in die Middellandse See geleë is. Die eiland is 106 km suidwes van Sisilië en 68 km oos van die Tunisiese kus. Op helder dae is Tunisië sigbaar vanaf die eiland. Die eiland is onder die adminstrasie van die provinsie Trapani op Sisilië.

Volgens die Italiaanse Nasionale Instituut van Statistiek was die populasie van Pantelleria 7335 in 2022.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Resident population by age, sex and marital status on 1st January 2022". demo.istat.it. Besoek op 9 Augustus 2022.