Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Papegaaibek-padloper | |
---|---|
![]() | |
'n Groot papegaaibek-padloper | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. areolatus
|
Binomiale naam | |
Homopus areolatus Thunb. 1787
|
Die papegaaibek-padloper (Homopus areolatus) is een van die kleinste skilpadjies. Dit kom in renosterveld in Suid-Afrika voor.[1]
Wyfies is gewoonlik effens groter as die mannetjies en hulle kleure is helderder. Die mannetjies het 'n skerp papegaai-agtige bek waarmee hulle veg. Hulle kan mekaar taamlik verwond. Die wyfies kan tot 300 g word, die mannetjies net die helfte.[2] Hulle broeisels word in die winter tot laat somer gelê en bestaan uit 1-4 eiers wat in 90-300 dae kan uitbroei. Kraaie en honde is hul grootste vyande.[1]