Papkuil | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Typha |
Spesie: | T. capensis
|
Binomiale naam | |
Typha capensis |
Papkuil (Typha capensis) is 'n plant wat tot 2 m hoog word. Die plant het lang vlesige blare en daar groei are aan die stingels se punte. Geel manlike blomme kom voor op die boonste gedeelte van die bloeias en fluweelagtige, bruin vroulike blomme onder die geel blomme. Die manlike blomme val af na bestuiwing.
Die plant kom voor in waterweë, riviermondingstrande en soutmoerasse. Die blare word tradisioneel gebruik om matte en mandjies te weef. Dit word ook gebruik om dakke mee te dek.