XIIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第十三屆残疾人奥林匹克运动会) is tussen 6 en 17 September 2008 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 011 atlete uit 146 nasies aan 472 items in 20 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 13de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.
Die Olimpiese Somerspele 2008 is tussen 8 en 24 Augustus in Beijing gehou.
As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2008 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2008.[2] Beijing is op 13 Julie 2001 in Moskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (Turkye), Osaka (Japan), Parys (Frankryk) en Toronto (Kanada) gekies.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008[3] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | |||
Beijing | Volksrepubliek China | 44 | 56 | |||
Toronto | Kanada | 20 | 22 | |||
Parys | Frankryk | 15 | 18 | |||
Istanboel | Turkye | 17 | 9 | |||
Osaka | Japan | 6 | — |
Net soos tydens die "gewone" Spele is 'n fakkel via 'n aflos na die Olimpiese Stadion gedra waar die Olimpiese vlam aangesteek is. Die aflos sou in verskeie lande en deur China plaasgevind het, maar die roete is ingeperk en die internasionale been is gekanselleer as gevolg van die aardbewing wat Sichuan in Mei 2008 getref het. Die besluit is geneem sodat daar op reddingswerk en die slagoffers gefokus kon word.[4]
20 verskillende sportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Roei is vir die eerste keer op die program ingesluit. Die sportsoorte is:
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
September | 6 Sa |
7 So |
8 Ma |
9 Di |
10 Wo |
11 Do |
12 Vr |
13 Sa |
14 So |
15 Ma |
16 Di |
17 Wo |
Items |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
5-per-kant sokker | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||
7-per-kant sokker | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||||||
Atletiek | 10 | 20 | 17 | 10 | 16 | 20 | 18 | 19 | 25 | 5 | 160 | ||
Bankdruk | 3 | 4 | 2 | 3 | 4 | 2 | 2 | 20 | |||||
Boccia | ● | ● | 4 | ● | ● | 3 | 7 | ||||||
Boogskiet | ● | ● | ● | ● | 4 | 3 | 2 | 9 | |||||
Doelbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | ||||
Fietsry | 5 | 5 | 7 | 4 | 15 | 4 | 4 | 44 | |||||
Judo | 4 | 4 | 5 | 13 | |||||||||
Roei | ● | ● | 4 | 4 | |||||||||
Rolstoelbasketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||
Rolstoelrugby | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||||||
Rolstoelskerm | 3 | 3 | 2 | 2 | 10 | ||||||||
Rolstoeltennis | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 3 | 2 | 6 | ||||
Ruitersport | ● | 2 | 4 | 3 | 2 | 11 | |||||||
Seil | ● | ● | ● | ● | ● | 3 | 3 | ||||||
Sitvlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||
Skyfskiet | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 12 | ||||||
Swem | 16 | 18 | 16 | 12 | 13 | 16 | 14 | 18 | 17 | 140 | |||
Tafeltennis | ● | ● | ● | 5 | 11 | ● | ● | ● | 4 | 4 | 24 | ||
Seremonies | OS | SS | |||||||||||
Totaal | 0 | 27 | 41 | 61 | 46 | 45 | 52 | 49 | 56 | 51 | 36 | 8 | 472 |
September | 6 Sa |
7 So |
8 Ma |
9 Di |
10 Wo |
11 Do |
12 Vr |
13 Sa |
14 So |
15 Ma |
16 Di |
17 Wo |
Items |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span van 59 atlete het op Vrydag, 29 Augustus 2008 na Beijing vertrek. Die span het 35 medaljes tydens die vorige Spele in 2004 verower en in die 13de posisie geëindig.
Natalie du Toit kon nie aan die 100 m-rugslag deelneem nie aangesien die Suid-Afrikaanse sportvereniging vir liggaamlik gestremdes (SASVLG) haar te laat vir die item geregistreer het.[5]
Soos tydens die Olimpiese Spele, het Natalie du Toit weer die Suid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie in die Beijing Nasionale Stadion ingedra. Dit maak haar die eerste atleet in die moderne geskiedenis wat die eer gehad het om tydens beide geleenthede as vlagdraer op te tree.[6]
Natalie du Toit het ook Suid-Afrika se eerste medalje verower toe sy op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje tydens die 100 m-vlinderslag ingepalm het.
Na die tweede dag is Suid-Afrika in die vyfde posisie. Medaljes vir die dag:
Medaljes vir die derde dag:
Vierde dag (Woensdag, 10 September):
Vyfde dag (Donderdag, 11 September):
Sesde dag (Vrydag, 12 September):
Sewende dag (Saterdag, 13 September):
Agtste dag (Sondag, 14 September):
Negende dag (Maandag, 15 September):
Tiende dag (Dinsdag, 16 September):
Laaste dag (17 September):
In totaal verdien Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) en eindig in die sesde plek. Hoewel Suid-Afrika 5 minder medaljes as in 2004 verower het, stoot die verhouding van goud tot die totale aantal medaljes SA op van 'n 13de na die 6de posisie op die wêreldranglys.
Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Volksrepubliek China (CHN) | 332 | 89 | 70 | 52 | 211 |
2 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 212 | 42 | 29 | 31 | 102 |
3 | Verenigde State (USA) | 213 | 36 | 35 | 28 | 99 |
4 | Oekraïne (UKR) | 78 | 24 | 18 | 32 | 74 |
5 | Australië (AUS) | 167 | 23 | 29 | 27 | 79 |
6 | Suid-Afrika (RSA) | – | 21 | 3 | 6 | 30 |
7 | Kanada (CAN) | 143 | 19 | 10 | 21 | 50 |
8 | Rusland (RUS) | – | 18 | 23 | 22 | 63 |
9 | Brasilië (BRA) | 188 | 16 | 14 | 17 | 47 |
10 | Spanje (ESP) | 133 | 15 | 21 | 22 | 58 |